Baie digters is moedeloos wanneer hulle hul tantième-state ontvang – en dan is daar die blitsverkopers van poësie soos die hoofsanger, Danie du Toit van die alternatiewe rock-groep, Spoegwolf wat onlangs sy derde digbundel bekendgestel het. Dit lyk of Du Toit elke jaar ’n bundel selfpubliseer: Warmer voor die tuimeldroër (2020); Sterreval (2021)…
Tag: Valiant Swart
Andries Bezuidenhout. Son, sekel en simbaal
Middelburg – dis nou die een in die Karoo, nie Mpumalanga of Zeeland nie – is G.A. Watermeyer se wêreld. Hy is in 1917 op die plaas Spitskop in die Witteberge gebore. Hy sal seker onthou word vir sy eerste digbundel, Sekel en simbaal, wat in 1948 gepubliseer is. D.J. Opperman het ʼn sterk hand…
Andries Bezuidenhout. Toe couvert charge nog R7.00 was
In 1990 het ʼn vriend ʼn pakkie briewe toegevou in hierdie plakkaat aangestuur saam met ʼn gemeenskaplike vriendin wat vir my in Pretoria kom kuier het uit die Kaap. Dis steeds teen my kantoordeur opgeplak. Dit herinner my daaraan dat daar ʼn tyd was toe ʼn mens na Koos Kombuis en Valiant Swart kon gaan…
Andries Bezuidenhout. Oppikoppi 2010: My hart op Klein Tambotieboom
Om van Oppikoppi te herstel is soos om van jet lag aan te sterk ná daardie lang vlug van Sydney na Johannesburg. Dis egter die moeite werd, veral gegewe die musiek wat ʼn mens daar hoor, die ou vriende wat jy raakloop. Ek het reeds iets genoem oor die baniere met gedigte wat aan die…