Posts Tagged ‘Willem Boshoff’

René Bohnen. ʼn Gehekelde kruispad

Monday, September 30th, 2013

Vandag net  ʼn kort blog oor iets wat ek gister gesien het – en ek weet nie wat dit beteken nie.

 My kopie van Adonis se “Selected poems” het Vrydag in die pos gearriveer. Suiwer vreugde (dankie vir daardie blog van jou, Louis). Saterdagaand kry ek kans om rond en bont daarin te lees, net eers vir die proe, voordat ek die bundel chronologies sal lees.

Sondag, 29 September, gaan ek na die FNB Art Fair in Sandton. Daar was taamlik baie mense, veral waar die nuutste kontroversiële skildery van Ayanda Mabulu hang. Dit is mos eers verwyder,as synde moontlike steen des aanstoots vir ʼn staatsdepartement. Toe haal die kernkunstenaar van die fees, David Goldblatt, sy werke van die mure af in protes. Teen die tyd dat ek daar kom, is die Mabulu skildery én die Goldblatt werke terug op hulle plek – en almal neem foto’s van die Mabulu werk. Een ma verduidelik lank vir haar agtjarige dogtertjie wat in die skildery aangaan – ʼn riem onder die hart, dink ek, want hoe jonger ons teen belaglike sensuur kan redeneer, hoe beter.

Doelloos drentel ons van uitstalling na uitstalling; planloos, sommer soos die lus ons lei. Boekies en pamflette word orals uitgedeel, vorige uitgawes van heerlike kunstydskrifte is te koop teen R20 per eksemplaar. Later by die huis sal ek al die kunstenaarsverklarings en verduidelikings gaan lees.

Willem Boshoff se gedetailleerde werk vang die oog, ek hou van die klein kubusse met letters en kolletjies.

Willem Boshoff (detail)

 En skielik staan die gedaante daar, soos ʼn verskynsel uit ʼn ander dimensie. Hy – is dit ʼn hy? – sê niks, reageer ook  nie op vrae nie. Sy hele lyf is bedek deur ʼn helderkleurige, gehekelde kleed. Iets wat vir my in my huidige Adonis- frame of mind oombliklik na ʼn burka lyk. Hy sien dat ek hom afneem en draai na my toe, wag dat ek die foto kry. Ek beduie “baie dankie”, wil hom gaan vra of die stelling wat hier gemaak word dallk die ene is wat ek in my kop formuleer. Maar soos blits verdwyn hy agter ‘n gordyn en toe ʼn deur in. Weg. Geluidloos, net weg. En vir die res van die middag het ek gekyk en gesoek, maar hy het nooit weer te voorskyn gekom nie. Ek kan ook niks te lese kry in enige van die pamflette by my nie.

Die burka wat my boei

Diep getref deur iets wat ek nie verstaan nie, het ek die hele nag gedink aan burka’s wat lyk soos tradisionele Afrikaanse gehekelde komberse van my ouma. En aan Josef se helder kleed, die prentjie wat ek my as kind daarvan verbeel het. Maar bowenal het ek gewonder en wonder ek nog steeds hoe woorde en beelde mekaar ontmoet op innerlike horisonne. Ek ken die Koran nie goed nie, maar ek weet daar staan : “The ink of the scholar is more sacred than the blood of the martyr”. En Adonis se gedig huiwer in die gemoed, soos ʼn stil skim in ʼn andersins malende kunssaal:

THE BEGINNINGS OF POETRY

 

The best thing one can be is a horizon

               And the others?              Some will think you are the call

                             others will think you are its echo.

The best thing one can be is an alibi

               for light and darkness

where the last words are your first.

And the others?                Some will see you as the foam of creation

                               others will think you the creator.

The best thing one can be is a target –

                             a crossroad

                              between silence and words.

(Adonis.  Selected poems 2010)

Hannalie Taute. Die einde…

Tuesday, December 4th, 2012

Die einde is in sig….my gedagtes spring rond……

 

VADERKRISMIS – Eveleen Castelyn 1928

Rekordverkope:

stillenag weergalm,

geldklokkies lui

vaderkrismis op n vergulde stoel

in die O.K. –basaar, verleen

oudiensie aan die kinders,

sweet van sy aanskyn

tap oor sy wang

op die wattesoom

van n rooi pousrok,

voetsole brand,

weerprofete bring die goeie

tyding:  dit sneeu in Bethlehem!

die Merrykrismiskind

is weer gebore

vir die bloedige fees

van silwerstukke en soene

Black Christmas 2002
Wood broken plastic toys glue
104 x 96 cm
Collection Jack Ginsberg.

“Guillaume Apollinaire (1880-1918), one of the most influential and the earliest of the concrete poets, included a poem, II Pluet (It is raining) in slanting typographical rain in his Calligrames.  This sculpture (Black Christmas) is the even more concrete conceptual equivalent).”

Jack Ginsberg

“Guillaume Apollinaire (1880-1918), II Pluet

 Hier volg die lineêre vertaling deur Roger Shattuck

 It’s Raining

It’s raining women’s voices as if they had died even in memory
And it’s raining you as well marvellous encounters of my life O little
drops
Those rearing clouds begin to neigh a whole universe of auricular cities
Listen if it rains while regret and disdain weep to an ancient music
Listen to the bonds fall off which hold you above and below

Grieks of Latyns?

Apollinaire’s Calligrammes, a term he coined early in the century for the kind of shaped poem he believed he had invented for modernism (“Moi aussi je suis peintre,” he wrote), but in truth he was developing the latest avant-garde manifestation of what in Latin poetry was called carmen figuratum (figured poems).

http://www.poetryfoundation.org/learning/article/177216

maar gepraat van reën:

CLOUD PIECE

Imagine the clouds dripping.
Dig a hole in your garden to
put them in.

1963 Spring- Yoko Ono (an event score)

Japanees….?

COLLAGE
Japanese tradition of collage poetry – poems copied onto sheets of pre-torn assembled pieces of delicately tinted paper, sometimes arranged in configurations such as landscapes.
The Isehu – a collection of thirty one-syllable waka poems by the 10th C poetess Ise.
18thC – European Collages made from butterfly wings, often by nuns and depicting religious scenes.
Victor Hugo’s collages painted over cut out shapes from blackened paper.
Berlin poet Christian Morgenstern (1871 – 1914) – collages to illustrate poetry.

(ek dink ek het hierdie inligting op wikipedia gekry)

mmm….Collage- wat van n speletjie?

Surrealist game: Parallel Collage.
Minimum 3 players. Each player gives 2 images and 2 lines of poetic text to the other players. All players use images and text, including their own, to construct a collage and collage poem.

Lekker speel hierdie seisoen….tot volgende jaar (hopelik)

 

LitNet. Woord en Beeld: Naasmekaar, deurmekaar en vervleg – ’n greep op die kuns van Willem Boshoff

Tuesday, July 12th, 2011

 

“‘n Eerste benadering tot Willem Boshoff se kuns is om sy werk as ‘n leser van ‘n boek te benader. Beeld en woord is hier interafhanklik – dit gaan vir hom oor die begripsinhoude van woorde wat beelde skep en beelde wat tot woorde aanleiding gee. Die inhoud is gelade en ambivalent. Jou begrip van woorde, jou vermoë om dit wat jy lees, in beelde te sien – en omgekeerd – is die uitdaging vir die kyker/leser van sy enigmatiese werk.”

Lees die res van Amanda Botha se fassinerende artikel op LitNet.