Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 April 200928 May 2011

Charl-Pierre Naudé. Kyk links of regs

 

kyk links of regs, as jy die wolke oorsteek

die hemelse hoenders geslag cirrusvere vlieg

die lug wapper soos ’n vlag met wolke op geskilder

’n storm hys wit manel die flapperende eend

ploegskaar wit epauletstrepe van ’n straler blou tamaties val oor België

as jy die straat oorsteek, onthou jou gebed aan die wolke

die boeing ’n niersteen in die wolk ligtend en polsend

die dooies in lopende verf in die waterlyn van die wolke

die nomaad se wolkdoek waai koploos tot op die horison

as jy die wolke deurklief, onthou links en regs

in die simuleerkajuit van slaap droom wolke tot more

die nag is vol donderwolke alles is nie pluis nie

die wolkkolosse slaap windloos soos dinosourusherinnerings

’n vliegtuig in die wolke soos ’n toegemesselde venster

’n liewenheersbesie sterf blosend in die rooidag se wolke

die wolkbank is ’n karkas vol knetterende brandblussers

kyk links of regs, as jy die wolke aan die brand steek

die dag is ’n glaskas vol boeings van die wolkredery

die wind sing in die wolke soos ’n gekettingde diva genoem ms West

as jy ingebed is in die wolke, trek die toutjie van jou nooddrome

woordwolke woordwolke voorspel weer in die volgende reel

wolke is die windkousdrome van die ontpluisde lugdiva’s

wolke wolke wolke almal met dieselfde skuilnaam

as die wolke jou deurklief, onthou die blou nou

die skapies wei wolke in die elegiese blou velde

die wolke vries vinnig ’n dag vir kleiduif skiet

alles niks sê die wolke vergewe pêl steek jou hand in eie muur

’n blou handskoen binneste buite is die universum wat wolkkolle sweet

niks niks niks meer die groot blou van my wolkverlaat

dinosourusse soos airbusse in ’n wolkehemel van klip

die wolke is ’n GPS wat sê nie links of regs maar hier net hier

die lug is ’n blou hoed vol hase sommige dae verskyn hulle

die wit armada stoom bolseile deur die lughemel

’n lugliefde ontklee in stroke lê die waaiwolke dan trek dit oop

die koepels drup swart reën val waar o waar verf Michelangelo

twoseater skor ver weg het ’n wekker geval in die einderlose wit wasgoed

die onderstebo lughawens wit duikbote wat opstyg uit die spieëls

die reis sink van bo maar die trajek droom van onder

o, verstrooide vereplaas ek is ’n vlogende en fladdderende eendagsboer

metafisiese stoomenjins wit bruide van industrie

skommel, skommel ’n handvol patryspoorte val seskant uit die wolk

gestotterde Alpe wat wieg in die Hakelaar se weersugte

nes die plofpunt die teikens tref ag hoe salig wei die skapies

dinkwolkies, mmm, ja hou sy van my, hy weet nie van haar

 

die reis sink van bo maar die trajek droom van onder

 

 

[c charl-pierre naudé]

    

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d