Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 May 20094 September 2013

Andries Bezuidenhout. Thandi, Katrina, Meisie, Maria, ou-Johanna, Christina, ou-Lina, Jane en Cecilia Magdalena

Ek is vanoggend Melville toe om bloeddrukpille by die apteek op te laai. Ek kry toe sommer ʼn hoenderpastei en ʼn paar pannekoeke by die tuisnywerheid tussen die apteek en die dokterspreekkamers om die pille teen te werk. By die Boekehuis vind ek uit dat Daniel Hugo se nuwe bundels nog nie aangekom het nie.

Goeiste, ek dink ek moet dalk vir ʼn oomblik stilstaan ek wonder oor hoekom ek so oor kos aangaan. Ek dink nou aan ʼn frase uit Breyten Breytenbach se gedig op hierdie blad: “in die spieël staan en buikpronk ’n lelike mens nou”.

By die KKNK vroeër hierdie jaar was daar ʼn gesprek waaraan Albert Grundlingh, Marlene van Niekerk, Ena Jansen, Hein Willemse en die etnomusikoloog Stephanus Muller deelgeneem het. Die inspirasie vir die gesprek was die publikasie van ʼn versameling essays in ʼn bundel met die titel “Van Volksmoeder tot Fokofpolisiekar: Kritiese opstelle oor Afrikaanse herinneringsplekke” onder redaksie van Siegfried Huigen en Albert Grundlingh.

Dit was een van die beste seminare wat ek in ʼn lang tyd bygewoon het, maar ek was verstom oor die onbegrip wat van die mense in die gehoor se reaksies getoon het. Hoe is dit moontlik dat mense mekaar so ver mis?

Ek wil nou nie in ʼn lang bespreking van die boek verval nie (op hierdie werf skrop die hoenders immers tussen gedigte rond), maar wil dit tog ten sterkste aanbeveel. Met die regressiewe nostalgie onder die Boere is hierdie boek ʼn baie welkome toevoeging tot die gesprek – die skrywers besoek die verlede, of herinneringsplekke, op baie interessante maniere – maniere wat die geskiedenis eerder oopmaak as om harde grense te herbevestig. Daar is hoofstukke oor rugby, boeremusiek, die Voortrekkers, windpompe, die figuur van die volksmoeder en selfs, soos die titel aandui, fokofpolisiekar.

Marlene van Niekerk se hoofstuk oor Afrikaners en kos is skreeusnaaks en so skerp soos ʼn slagtersmes. (A-ha, dis deels hoekom ek so oor kos nadink.) En dan is daar ʼn roerende hoofstuk deur Ena Jansen, “Thandi, Katrina, Meisie, Maria, ou-Johanna, Christina, ou-Lina, Jane en Cecilia Magdalena”, oor die figuur van die huiswerker in die letterkunde, maar ook in haar eie lewe – ʼn waaghalsige, maar geslaagde benadering tot so ʼn sensitiewe onderwerp.

Lees gerus Schalk van der Merwe se resensie van die boek op LitNet.

Om mee af te sluit, op die tema van Ena Jansen se hoofstuk, ʼn gedig deur Deborah Steinmair:

JOHANNA

In the shadow of the tower
in the city after midnight
I summon for a moment or so
a small square of sunlight from 30 years ago
I see, flickering, the blacks’ shack
in a far corner of the farm
at the end of the footpath
I see pretty Johanna washing in the afternoon sun
where are you where are you where are you now Johanna
Her man David affected a bowler hat on Saturdays
one of his ladies sunk her teeth into Johanna’s cheek
a crime of passion leaving angry purple welts
Johanna, Johanna such stories she told
too confident and moody for her own good was she
– attitude was uncalled-for in a domestic –
and Mother who liked to control people’s moods like Prozac

What happened to those women of childhood
soaping their breasts in the late afternoon sun
How did the years trample Johanna
In the small of the night
I savour a glimpse of her sassy smile
the swing of her slim hips
disappearing into the years

Uit Deborah Steinmair se bundel “A See-through Suitcase” (2003, Genugtig!)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d