Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 May 200915 February 2011

Bernard Odendaal. Komma by die voegwoord bring

Onlangs is ek en my kollega aan die Vrystaatse Universiteit, Hennie van Coller, in gesprek met ’n aantal M.A.-studente oor die sonnet as digvorm.

 

Een van die gedigte wat ons lees, is “Geswinde grijsart”, deur die 17de-eeuse Nederlandse digter P.C. Hooft. Vir die eerste keer val die oortollige benutting van die aaneenskakelende voegwoord “en” (polisindeton) en die plasing van die komma voor die “en” op ’n paar plekke in die gedig my werklik op.

 

Geswinde Grijsart*

 

            Geswinde Grijsart, die op wackre wiecken staech

De dunne lucht doorsnijt, en, sonder seil te strijcken,

Altijdt vaert voor de windt, en ijder nae laet kijcken,

            Doodtvijandt van de rust, die woelt bij nacht, bij daech;

            Onachterhaelbre Tijdt, wiens heten honger graech

Verslockt, verslint, verteert al watter sterck mach lijcken,

En keert en wendt, en stort Staeten en Coninckrijken;

            Voor ijder een te snel, hoe valtdij mij soo traech?

Mijn lief, sint ick u mis, verdrijve’ ick met mishaeghen

De schoorvoetighe Tijdt, en tob de lange daeghen

            Met arbeidt avontwaerts; uw afzijn valt te bang.

En mijn verlangn can den Tijdtgod niet beweghen.

Maer ’t schijnt verlanger daer sijn naem af heeft gecreghen,

            Dat ick den Tijdt, die ick vercorten wil, verlang.

 

*  Spelling soos in die boek Nederduitse digkuns (J.C. Kannemeyer. Academica, 1973)

 

Ek maak toe gewag daarvan dat dit my herinner aan wat N.P. van Wyk Louw doen in die sonnet “Winter” uit die siklus “Vier gebede by jaargetye in die Boland”.

 

Winter

 

Nou lê die aarde nagtelang en week

in die donker stil genade van die reën,

en skemer huise en takke daeliks bleek

deur die wit mistigheid en suising heen.

Dis alles ryk en rustig van die swaar

geheime wasdom wat sy paaie vind

deur warm aarde na elke skeut en blaar,

en ver en naby alles duister bind

in vog en vrugbaarheid en groot verlange;

tot ons ’n helder middag skielik sien

die gras blink, en die jong graan teen die hange,

en weet dat alle rus die lewe dien:

hoe kon ek dink dat somer ryker is

as hierdie groei se stil geheimenis?

 

Uit: Die halwe kring (Nasionale Pers, 1937

 

Van Wyk Louw het die gedig van Hooft baie goed geken, kom dit van Hennie. Louw het dit in ’n kursus oor die sewentiende-eeuse Nederlandse letterkunde met hulle as studente aan Wits in die laat negentien-sestigerjare behandel.

 

In nog ’n beroemde Nederlandse gedig waarin die polisindeton en die gebruik van die komma met “en” funksioneel benut word om ’n spanning tussen sintaktiese voortstuwing en stuiting te bewerkstellig, is A. Roland Holst se “Een winteravondval” (uit sy bundel Voorbij de wegen, Bussum, 1920). Holst is nie net deur Louw (en ander toonaangewende Afrikaanse digters, soos W.E.G. Louw en D.J. Opperman) bewonder nie; hy was selfs bevriend met hom. Sowel Van Wyk Louw as Opperman het Afrikaanse artikels as bekendstelling en ter ere van Holst geskryf by laasgenoemde se besoek aan Suid-Afrika in 1946.

 

Ek haal net ’n fragment uit “Een winteravondval” aan ter illustrasie.

 

Gouden stille kusten en de zee nog blaauw,

en de blijde vele golven, die er speler,

en die witte vlucht van vooglen – o, de vele

meeuwen zwevend door de zuiverende kou,

 

zwermend als een bui, als een gevleugeld sneeuwen,

en hun kreten af en aan over mijn hoofd;

heb ik ooit wel in een ander lied geloofd

hier op aard dan de verloren kreet der meeuwen?

 

En zij zwenken en verdwijnen, en het is

nu weer stiller, en het gouden uur word later,

en ik loop verloren verder langs het water

van der eeuwen eenzame geheimenis.

 

En de kust wordt grijzer, en de schemeringen

komen nu, en ook de groote zee wordt grijs,

en de golven zingen – o, de vreemde wijs

van die andre wereld, die de golven zingen […]

 

Momentum, onrus, progressie, heenreiking en kragte wat die volvoering van dit alles téénwerk, is uitstaande motiewe in die betrokke tekste; die kernwoord “verlang” spring ’n mens uit aldrie in die oog. En tog doen elke digter sy eie ding met die bepaalde stylgrepe. Elkeen onderskraag ’n ánder tematiese spanning daarmee: vervlieting versus afwagting; “wasdom” versus “rus”; en om paradoksaal “hunkerend gevangen” te wees. 

 

Om by ’n redenasie van Daniel Hugo in ’n onlangse blog-bydrae op hierdie webblad aan te sluit: Nuwe munt ís wel te slaan uit ou digmetaal.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Holst in die Karoo
Alfred, waar’s jou pasboek, jong … →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Skulpkrale: Kwatryne” (Marié Heese)
  • Nuwe publikasie: “Nogmaals vir die bysiende leser” (Joan Hambidge & Marlies Taljard, Reds.)
  • 100 Duitse Bestes: Jakob van Hoddis (1887-1942)
  • 100 Duitse Bestes: Georg Heym (1887-1912)
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Melanie Grobler on RIV Christiaan Diedericks18 July 2025

    Eugene, baie dankie vir jou gedig. Met liefde, Melanei Grobler.

  2. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)15 July 2025

    Gerard, die vertaling van die gedigte was 'n herkennismaking soos min.

  3. Gerard Scharn on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)13 July 2025

    Geweldig dichter, Benn. Toen ik hem leerde kennen werd ik door het lezen van zijn gedichten zelf ook dichter.

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  5. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d