Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 May 200917 May 2024

Ilse van Staden.Poësiedief

   Vergange Sondag lewer ek my kort openingstoesprakie by ’n kunsuitstalling. Wonderlike skilderye deur Marcella de Boom, andersins bekend as my ma.

   As ek nie ten tyde van die uitstalling heeltemal by my sinne was nie, is dit omdat die skilderye my so oorweldig het. Sowat van metafore en ander wêrelde dat mens vir ’n jaar nog kan besin daaroor. Met die intrapslag bevestig ’n ander digter my gevoel. “Hier kan mens ’n paar gedigte afskryf”, is sy mening. Inderdaad. En nie net uit die prentjies nie.

   Ek is al lankal vies vir die Spaanse kunstenaar Miró dat hy, benewens sy heerlik surrealistiese skilderye, ook sulke fantastiese titels daaraan kon heg. ’n Druppel dou ontwaak vir Rosalie. Vrou en voël in die maanlig. Persoon met drie bene. ’n Hond blaf vir die maan. Hy betree mos nou op ’n digter se gebied! Dan mag mens hom mos besteel.

   Oor “diefstal” van hierdie aard het ek ook al lankal nie meer skuldgevoelens nie. Is dit dan nie intertekstualiteit nie? Met ’n beeldende kunstenaar nie ’n halfmyl te voet van my af nie, gereeld beskikbaar vir ’n koppie tee of ’n glasie wyn, hoe kan dit ook anders dat mens mekaar kruis en dwars inspireer. By beelde (images) en idees bly dit ook nie. As sy sulke mooi titels uitdink vir haar skilderye, dan dief ek dit op die daad. Die dood is ’n mooi blou blom? Hou hierdie spasie dop …

   NS: Vir nog prentjies, gaan loer by www.marcelladeboom.co.za

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d