Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 June 200917 May 2024

Ilse van Staden. Nie alles wat poësie is

   Daar moet ’n groot virtuele begraafplaas wees vir vermoorde woorde. Daardie arme slagoffers van die kill-your-darlings beleid wat sonder grafskrif tot stof terugkeer. Nie dat ek dit teenstaan nie, ek dink dis ’n baie goeie beleid. Wat jy as dierbare kwekelinge ag, sit dalk met ’n lekkende hart of ’n gesplete verhemelte wat jy verseg om raak te sien. Maar o dis so moeilik! Vra nou maar vir iemand wat swaarkry om die wortelsaailinge uit te dun of die bome om verskoning vra wanneer sy ’n takkie moet snoei. Iemand wat al inderdaad daardie lekhart of oop verhemelte hondehemel toe moes stuur. Elke mank reël of verminkte rym is vir my hartseer. As hulle maar eerder nie gebore was nie.

   Daar is egter iets wat my meer tragies stem – dat die briljante reëls, die uitsonderlike frases, dikwels die digter se vangnet vryspring. Hulle is soos wilde perde wat in die nag aangekom het, onder ’n donkermaan of ’n spesiale saamval van planete, en vir hulle kry jy nie in ’n kraal nie. En al sou jy hulle kon omsingel en verdoof, wil geen regdenkende sin met hulle geassosieer word nie. ’n Ruimte val rondom hulle oop en as jy weer sien, staan daardie blink een op sy eie, uitdagend. Selfs met mekaar het hulle geen verwantskap nie.

   Nie alles wat poësie is, wil gedigte word nie.

   In hierdie tyd waar die literatuur skynbaar voortdurend om vernuwing vra, sal iemand dalk nog ’n bundel van een-reël gedigte bedink. So ’n woordelys van wilde frases. (Daar’s nou ’n aweregse frase opsigself). Maar tot tyd en wyl dit gebeur, moet mens hulle maar hul vryheid gun.

   Nou sit ek soos ’n wafferse cowboy soms op die kraalheining en uittuur na die wilde woorde wat teen die horison draf en droom van ’n kudde wat die wêreld sal verstom. Is daar iewers ’n vreemdeling wat vir woorde soos vir perde kan fluister?

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d