Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 July 20098 July 2009

Breyten se segetog duur voort …

Breyten Breytenbah (skildery)
Breyten Breytenbah (skildery)

Dit wil voorkom asof Breyten Breytenbach se segetog deur die Nederlandse media nog nie naastenby ten einde gaan loop nie. Soos reeds met Nuuswekker van 12 Junie berig is, vind daar in Hengelo ‘n omvattende huldigingsfees vir sy 70ste-verjaarsdag plaas. Hierdie fees, wat nog tot 26 Julie duur, het as hooffokus Breyten se skilderye van die afgelope 40 jaar, plus tien nuwe sonnette wat almal met die tema “engel” (soos verberg in die naam “Hengelo”) te make het, en op verskillende plekke in die stad aangebring is; teen geboue en onder in duikweë. Op die webblad van Trouw is ‘n uitgebreide artikel geplaas oor die lewe en werk van Breyten. (Die berig kan hier gelees word.) Voorts berig ons korrespondent in Gent dat daar reeds etlike artikels (soos in De Groene Amsterdammer en Vrij Nederland, byvoorbeeld) verskyn het en dat Raakruimtes, die titel van dié fees, sommer baie aandag trek. (Lees ook Charl-Pierre Naudé se blog-inskrywing waarin hy kortliks na hul voorlesing tydens dié besonderse geleentheid verwys …)

Die volgende vrae kom egter onwillekeurig by ‘n mens op: Wat word hier ter lande gedoen om dié besonderse mylpaal van een van ons héél grootste digters te vier? En wie se taak is dit om inisiatief hiermee te neem? Waarom so vinnig met kritiek en so traag met handeklap? Vinnig-vinnig fladder my oog deur die Groot Verseboek en ek merk dat Lina Spies (sowel as Wopko Jensma – waar hy ook al mag wees) ook hierdie besonderse mylplaal vanjaar behaal. En verlede jaar was daar Jeanne Goosen en enkele jare gelede Adam Small, Wilma Stockenström, Pirow Bekker, IL de Villiers, Hennie Aucamp en Petra Müller … Het hierdie digters nie verdien om op ‘n gróót verhoog vereer te word vir hul onderskeie bydraes tot ons digkuns nie?!

Ek vra maar net – want, ai, die gaping tussen die ideaal en die realiteit lê só wyd verfrommel in ons literêre snippermandjie. (Jammer vir die verwarde beeldspraak, maar die versoeking was gewoon te groot.)

Nietemin, kom ons klap hande vandag. Vir wie ook al; wáár ook al.

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. SENSAL se teleurgang
Andries Bezuidenhout. Teen digterlike tangverlossings →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d