Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 July 20098 July 2009

Breyten se segetog duur voort …

Breyten Breytenbah (skildery)
Breyten Breytenbah (skildery)

Dit wil voorkom asof Breyten Breytenbach se segetog deur die Nederlandse media nog nie naastenby ten einde gaan loop nie. Soos reeds met Nuuswekker van 12 Junie berig is, vind daar in Hengelo ‘n omvattende huldigingsfees vir sy 70ste-verjaarsdag plaas. Hierdie fees, wat nog tot 26 Julie duur, het as hooffokus Breyten se skilderye van die afgelope 40 jaar, plus tien nuwe sonnette wat almal met die tema “engel” (soos verberg in die naam “Hengelo”) te make het, en op verskillende plekke in die stad aangebring is; teen geboue en onder in duikweë. Op die webblad van Trouw is ‘n uitgebreide artikel geplaas oor die lewe en werk van Breyten. (Die berig kan hier gelees word.) Voorts berig ons korrespondent in Gent dat daar reeds etlike artikels (soos in De Groene Amsterdammer en Vrij Nederland, byvoorbeeld) verskyn het en dat Raakruimtes, die titel van dié fees, sommer baie aandag trek. (Lees ook Charl-Pierre Naudé se blog-inskrywing waarin hy kortliks na hul voorlesing tydens dié besonderse geleentheid verwys …)

Die volgende vrae kom egter onwillekeurig by ‘n mens op: Wat word hier ter lande gedoen om dié besonderse mylpaal van een van ons héél grootste digters te vier? En wie se taak is dit om inisiatief hiermee te neem? Waarom so vinnig met kritiek en so traag met handeklap? Vinnig-vinnig fladder my oog deur die Groot Verseboek en ek merk dat Lina Spies (sowel as Wopko Jensma – waar hy ook al mag wees) ook hierdie besonderse mylplaal vanjaar behaal. En verlede jaar was daar Jeanne Goosen en enkele jare gelede Adam Small, Wilma Stockenström, Pirow Bekker, IL de Villiers, Hennie Aucamp en Petra Müller … Het hierdie digters nie verdien om op ‘n gróót verhoog vereer te word vir hul onderskeie bydraes tot ons digkuns nie?!

Ek vra maar net – want, ai, die gaping tussen die ideaal en die realiteit lê só wyd verfrommel in ons literêre snippermandjie. (Jammer vir die verwarde beeldspraak, maar die versoeking was gewoon te groot.)

Nietemin, kom ons klap hande vandag. Vir wie ook al; wáár ook al.

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. SENSAL se teleurgang
Andries Bezuidenhout. Teen digterlike tangverlossings →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Resensie: Vlindervreter ( Melanie Grobler en Christiaan Diedericks)

Nuutste bydraes

  • Eendagsvlieg en ander vlietente gedagtes (Rosa Keet)
  • Joan Hambidge. Hierdie lewe
  • 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (II)
  • Jakes Moller. Peter Place straat, Bryanston
  • “Stil gesprek” (Jan Pretorius) nou in Duits beskikbaar

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  2. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

  3. Eugene Vorster on RIV Christiaan Diedericks7 July 2025

    “Live your Truth” vir Chris skielik is dit stil/ byna subliem/ (jy sal verstaan)/ net nou en dan ‘n nat…

  4. Charl-Pierre Naude on Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)7 July 2025

    Hierdie is 'n teleurstellende en ongeinspireerde resensie deur 'n resensent van wie mens veel meer verwag. Dit lyk meer na…

  5. Bernardus Johannes Odendaal on Ingeborg Bachmann – vertaling in Afrikaans5 July 2025

    Ek stem met Daniel saam!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d