Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 June 200912 June 2009

Vrydag, 12 Junie 2009

Breyten Breytenbach
Breyten Breytenbach

Hierdie naweek is alle oë op Hengelo in Nederland waar hul fees vanjaar op die kuns van Breyten Breytenbach fokus. Die Raakruimtes-fees, wat van 14 Junie tot 26 Julie duur, bestaan naamlik uit veertien nuutgeskryfde sonnette deur Breyten (in Afrikaans) wat verspreid deur die stad op mure geverf is; ’n spesiale poësieroete – met aforismes as rigtingwysers – lei dan die besoeker vanaf die stasie na dié gedigte, asook die drie lokale waar Breyten se kunswerke vertoon word. Verdermeer sal HC ten Berge ’n lesing oor Breyten se digkuns lewer by die Beursplein se Openbare Biblioteek te Beursplein, tesame met ’n uitstalling van al sy boeke … Die hooffokus is egter Breyten se werk as skilder, met ’n uitstalling waartydens bykans al sy werke van die afgelope veertig jaar te sien sal wees, bestaande uit twee-en-twintig grootskaalwerke, ’n reeks etse en gemengde media, asook tien nuwe doeke wat kuns en poësie op ’n speelse manier by mekaar betrek. In totaal sal daar meer as een honderd werke uit die kwas van een van ons mees vername digters te sien wees. Boonop word ’n spesiale uitgawe van die plaaslike koerant met ’n sirkulasie van 10,000 in die vooruitsig gestel.

 

Maar dit is nie al nie – die organiseerder het ook bekend gemaak dat Gert Vlok Nel en Charl-Pierre Naudé op 17 Junie saam met Breyten sal optree in die Raboteater. Musiek sal deur Jeroen van Vliet verskaf word terwyl die bekende Amsterdamse podiumdigter,  Krijn Peter Hesselink, sal probeer om darem ook ’n Nederlandse kleurtjie tot dié Afrikaanse segetog by te dra. (Gaan lees die amptelike persverklaring hieren die berig op Hengelo se webblad hier.) Ai, wat ‘n geleentheid!

 
 

 

As verdere toegif vanoggend, dié pragtige reëls in Nederlandse vertaling uit Breyten se nege landskappe van ons tye bemaak aan ‘n beminde.

 

Laat die naweek dawer van vreugde! Nuuswekker hervat weer Maandag.

 

Mooi bly.

 

LE

 

 

de maan is gevallen en de sterren
zijn gesnoten, vogels deftig in grijze
feesttooi uiten een haastige groet van
zilveren olijf tot groene kurkeik. bij Don Ve cino
kraait een bantammer onder de lege vijgenboom,
wijd en veel verder naar het noorden, dicht bij de
grens

 

(c) Breyten Breytenbach  

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Ek luister op die oomblik na…
Donderdag, 18 Junie 2009 →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Gedigkompetisie: Praat ’n slag (weer) met N.P. van Wyk Louw en/of sy grootwordwêreld!
  • Meyer van Rensburg. Werkwese
  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel

Nuutste kommentaar

  1. Hester Steenkamp on Digtersprofiel: Melt Myburgh3 August 2026

    Oewerbestaan is een van my kosbaarste besittings. Die bundel lê my baie na aan die hart.

  2. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  3. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  4. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  5. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d