Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 July 200910 July 2009

Petisie om Medellin-poësiefees te red

Medellin-poësiefees (Colombië)
Medellin-poësiefees (Colombia)

Nadat Nuuswekker enkele dae gelede oor die Medellin-poësiefees berig het, ontvang ek vandag nuus dat die dié fees met sy 35,000 besoekers – wat hom loshande die gootste poësiefees ter wêreld maak – onder ‘n ernstige aanslag van die Colombiaanse-regering bevind. Dié fees, wat tans in sy 19de bestaansjaar is, word vanweë sy uitgesproke en kritiese aard as ‘n bedreiging vir die diktatorskap in Colombia beskou en dit is veral die hooforganiseerder, Fernando Rendón, wat as “terroris” gebrandmerk en geïntimideer word. Ten einde die fees se voortbestaan te red, is daar verlede Vrydag, met die aanvang van die fees, begin met ‘n petisie wat reeds deur 753 digters vanuit 117 lande onderteken is. Die volgende is ‘n uittreksel uit die verklaring wat hier op hul webblad geplaas is: “In response to the silencing brought on by our present society and by the dictatorship of the media, we develop a massive action of poetic language. To broaden and renovate it, broadening and renovating our conscience and existence. In regards to the deteriorating conditions of our people’s lives, the air, water and forests and the downfall of everyone’s hopes, we encourage a poetry of existence, the wide river of a new conscience that becomes spiritual mobilization, the deep resistance from the heart of words, imperative song that unites in a sense of future even in this hard, torturing time.” Meer inligting kan hier op hul hoofblad gelees word.

Indien jy ook hierdie petisie wil onderteken, kan jy gewoon ‘n e-pos stuur aan die organiseerder by poetryfestivalmedellin@yahoo.es met die versoek dat jou naam op die lys geplaas word. Inligting wat benodig word is jou naam, land van herkoms en professie.

So, mense, raak betrokke – stuur jou naam, want die poësie weier immers om te gaan lê in die graf wat daarvoor voorberei is. Of, soos Dylan Thomas dit in sy onvergeetlike reëls gestel het: “Do not go gentle into that good night. / Rage, rage against the dying of the light.” Sela. Ons het immers in 2005 twee delenemers aan dié fees gehad, by name Antjie Krog en Breyten Breytenbach …

Mag die naweek vir jou oproerig, dog sinvol wees, met as toegif, die slotparagraaf uit die reeds genoemde verklaring: “We call you to join in a patient and persistent poetic revolution, to freely and fearlessly express everyday your constructive thoughts, to lift your loving vision of a new life, to grow your dream of a sibling country and to share its belief of peace. Peace with social justice, peace with truth, peace with liberating energy, peace without armed figures, peace with full political agreement; unconditional peace, without ambiguities.”

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Peter Holvoet-Hanssen en die Medellin-poësiefees

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Feesmaalgang" (Dietloff van der Berg)
  • Resensie: “De ontdekking van het eiland: breytenbachiana” (Yves T’Sjoen)
  • Resensie: "Ontbloot" (Marthé McLoud)
  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)

Nuutste bydraes

  • Caren Kearley. Herfsdroom
  • Joan Hambidge. Die donker kom van buite
  • Stephan du Toit. gewigloos
  • Caren Kearley. Deurweekdae
  • Caren Kearley. Net vir nou

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Ronel de Goede. Kremetartboom8 May 2026

    Lekker om weer so ‘n knap gedig van jou te lese te kry, Ronel.

  2. Dr PS Swathe on Jeanne Henning Els. Openbaring8 May 2026

    Bietjie voorspelbaar maar dit laat mens ook nogal dink aan die charismatiese kerkbeweging.

  3. Joan Hambidge on Ronel de Goede. Kremetartboom7 May 2026

    'n Komplekse gedig. Gelaai met subtekste (Die kremetartekspedisie, o.a.) en die hele debat oor postkolonialisme. Aangrypend en 'n sterk vers!

  4. Joan Hambidge on Nuwe Bundel. Pieter Hugo: Vryval5 May 2026

    Geluk met hierdie bundel - ek lees dit tans. Die verskillende tegnieke en die toonaard wat wrang-ironies of speels is,…

  5. Dr PS Swathe on Joan Hambidge. Naggesprekke en polemiek4 May 2026

    Dis in elke geval net 'n poging tot 'n storm in 'n teekoppie, gepoog te pleeg deur een of twee…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d