Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 July 20094 September 2013

Andries Bezuidenhout. Retoer op RSG

Watter skrywer of digter se verstand kan súlke absurditeite verbeel?

Ek ry verby ʼn blinkswart BMW viertrekvoertuig met die nommerplaat “ENVY ME GP” terwyl ek iemand met longontsteking hospitaal toe neem. By die hospitaal aangekom (die Johannesburgse Algemene Hospitaal, of sommer Joburg Gen in die plaaslike omgangstaal), beland ek saam met ʼn lyk op ʼn trollie in die hysbak, op die maat van Kenny G se neulende saksofoon. Die portiere staan uitdrukkingloos met deurskynende plastiekhandskoene langs die trollie. Wie weet, dalk fladder die dooie stommerik se gees nog teen die dak van die hysbak rond.

Dit laat my dink aan die flou grappie oor wat Kenny G sê as hy by ʼn hysbak inklim: “This place rocks!”

Ek dink iewers lê ʼn gedig verskuil. Die rymwoorde is reeds daar: “Envy me”, “GP” (op Engels uitgespreek) en “Kenny G”. Sulke banaliteite kom reguit van die gode af. Maar om een of ander rede bly die vos uit die bos afsydig. Die papier bly wit.

Vanaand gesels ek met Riaan Grobler oor my digbundel Retoer en ʼn paar ander sake op RSG. Dit word so tussen 20:30 en 21:00 uitgesaai. ‘n Mens kan die onderhoud ook as mp3 op jou rekenaar aflaai en voor die tyd al daarna luister. Gaan loer hier in.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d