Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 July 2009

Die beste van die bestes

Goodbye, Columbus (Philip Roth)
Goodbye, Columbus (Philip Roth)

Op 7 Julie het die National Book Foundation (VSA) hul veldtog om die beste van die afgelope 60 jaar se National Book Awards (fiksie) aan te wys, van stapel gestuur. Vir die eerste keer sal die leserspubliek by dié proses betrokke wees, aangesien hulle van 21 September tot 21 Oktober die geleentheid gegun sal word om vir hul gunsteling roman te stem nadat lede van die NBF die 77 kandidate na ‘n kortlys van 6 verminder het. Waarom die prys vanjaar uitsluitlik tot fiksie beperk? Volgens die NBF se webblad is dit omrede daar die afgelope 59 jaar elke jaar nog ‘n toekenning aan ‘n roman gemaak is; verdermeer is 74 van die 77 titels tans nog in druk en bevat dié lys van die mees vername skrywers wat binne die Amerikaanse letterkunde werksaam is. (Die volledige berig kan hier gelees word.)

Ook word beoog om elke dag ‘n volledige bloginskrywing oor een van die kandidate op die NBF se webblad te plaas. (Dié inskrywings sal hier te lese wees.) Op 18 November word die wenner aangekondig.

Met ‘n vinnige deurkyk van die kandidatelys, val dit op dat Saul Bellow besonder sterk verteenwoordig is met nie minder nie as drie titels, te wete The adventures of Augie March, Hertzog en Mr. Sammler’s planet. Beide William Faulkner en Philip Roth het twee titels op dié lys. Philip Roth (76) is natuurlik iemand wat die afgelope paar jaar telkens met gróót entoesiasme beskinder word as ‘n kandidaat vir die Nobelprys. Boonop is hy besonder aktief: sedert 2006 handhaaf hy byvoorbeeld die verbysterende tempo van ‘n roman per jaar. Nog ‘n roman, Nemesis, is reeds geskeduleer vir 2010. Is hierdie eg-Amerikaanse snelskrywer dalk die kandidaat wat einde vanjaar gaan kan pronk met die etiket van “Die beste van die bestes” om sy nek?

Net die tyd sal leer.

‘n Lekker dag verder vir jou.

LE

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Desmond Painter. Die Nobelprys vir Philip Roth? →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d