Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 September 20096 September 2013

Desmond Painter. Die Nobelprys vir Philip Roth?

Philip Roth
Philip Roth

Dit is weer sulke tyd: die ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde word binnekort aangekondig. Na my mening behoort 2009 Philip Roth se jaar te wees. Die belangrikste rede is natuurlik dat Roth een van die wêreld se briljantste en mees konsekwente romansiers is. Sy Portnoy’s Complaint, die roman wat hom beroemd gemaak het, is vanjaar 40 jaar gelede gepubliseer. Sedertdien het Roth ‘n majestueuse, oorweldigende oeuvre opgebou. 

Boonop het hy die beste vir sy later jare gelos. Roth is al goed op pad 80 toe (hy is in 1933 gebore), maar sy werk het nog geensins ingeboet aan vitaliteit en dringendheid nie. Boeke soos Sabbath’s Theater, American Pastoral, The Human Stain, The Dying Animal, Everyman en Indignation, wat almal sedert 1993 en dus ná sy 60ste jaar verskyn het, tel onder sy beste werk, en onder die beste romans wat die laaste twee dekades wêreldwyd verskyn het. Is daar trouens enigie ander skrywer wat in die laaste 20 jaar méér klassieke romans geskryf het as Philip Roth? Ek glo nie.

By die toekenning van die Nobelprys vir Letterkunde speel buite-literêre oorwegings natuurlik ook altyd ‘n rol. Ook in hierdie opsig is daar ‘n paar dinge wat myns insiens hierdie jaar in Roth se guns mag tel. Eerstens is die Nobelprys in 1993 laas aan ‘n Amerikaanse skrywer toegeken (Toni Morrison). Tweedens het die oorwinning van Barack Obama die VSA vir ‘n wyle verlos van die politieke muishondstatus wat die land onder George W. Bush se bewind verkry het. Obamanie kan dalk net die ding doen! 

Goed, Roth is sekerlik nie die enigste ernstige Amerikaanse aanspraakmaker op die Nobelprys nie. Die VSA het nog nooit ‘n tekort aan briljante skrywers gehad nie. Die Sweedse Akademie het nou wel die kans om John Updike te vereer deur die vingers laat glip, maar Thomas Pynchon, Cormac McCarthy en Don DeLillo, om dan maar net die romansiers te noem, leef en skryf nog almal, en sou elk ook waardige ontvangers wees.

Tog dink ek Roth, veral oor wat hy die laaste twee dekades vermag het, behoort tans heel voor in die ry te staan.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Die beste van die bestes
Woordpoort begin vandag →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d