Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 August 20094 September 2013

Andries Bezuidenhout. Die Fosterbende word vervolg

‘n Rukkie gelede het ek in my Rapport-rubriek oor die tragiese geval van die Fosterbende geskryf. Die bende is in 1914 in ʼn grot in Kensington vasgekeer en het besluit om eerder selfmoord te pleeg as om aan die polisie oor te gee. William Foster se vrou Peggy is deur die polisie toegelaat om haar man te besoek en het toe saam met hom selfmoord gepleeg. In die rubriek het ek gewonder wat van die twee se babadogtertjie geword het. Lees dit hier.

Toe, verlede week, reageer Michael Brien, wat ʼn boek geskryf het oor die Fosterbende en die dood van generaal Koos de la Rey, op my rubriek met ʼn hele rits interessanthede. Hy laat egter nie die kat uit die mou oor wat van hulle dogter geword het nie. Daarvoor sal ʼn mens sy boek moet aanskaf. Slim van hom. Lees dit hier. (Ek hoor by Pieter Malan van Rapport die boek begin met die raaisel van die babadogtertjie.)

Ek sien Fransjohan Pretorius het ʼn resensie in die Die Burger van Brien se boek geskryf – ʼn positiewe resensie, maar met baie voorbehoude. Lees dit hier.

Die hele saga (nie die een in die koerante nie, die een van die Fosterbende) is genoeg om ʼn dekselse goeie fliek van te maak!

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Anne-Marie Bartie. monoloog
  • Louis Esterhuizen. Herfsfragment
  • Louis Esterhuizen. Knikkerspel
  • Louis Esterhuizen. Nagwaak
  • Louis Esterhuizen. Myndorp: ’n jeugherinnering

Nuutste kommentaar

  1. Anzé Bezuidenhout on Anzé Bezuidenhout. Versteende onthou12 October 2026

    Baie dankie vir jou saamlees en kommentaar Gert

  2. Anzé Bezuidenhout on Pierce van Tonder. my vuurvliegie-gedagtes12 October 2026

    Absoluut tasbaar en puik gedoen!!

  3. Anzé Bezuidenhout on Anzé Bezuidenhout. Versteende onthou12 October 2026

    Baie dankie Versindaba vir die plasing en blootstelling

  4. Gert van der Westhuizen on Anzé Bezuidenhout. Versteende onthou12 October 2026

    mooi beeldryk vol verwondering warmtes en koues gert

  5. Anzé Bezuidenhout on Anzé Bezuidenhout. Grendels12 October 2026

    Baie dankie Marietjie ek waardeer

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d