Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 August 200926 December 2009

Die algebra van nood

Die algebra van nood

 

 

Johann de Lange

Human & Rousseau (R140)

 

Die algebra van nood
Die algebra van nood

Met sy bundeltitelkeuse lui De Lange al die dringende toon van Die algebra van nood in. Dis naamlik veral die noodwendigheid van verlies, gefnuiktheid en verganklikheid, en die angste en verdriete wat dáárdeur gewek word, wat tot uitdrukking kom.

Die tematiese opbou van die bundel weerspieël iets van dié onontkombare proses – vanaf die intense belewing van aardse skoonheid en verrukking in die openingsafdeling tot by die elegiese herdenking van gestorwenes in die slotafdeling. Trouens, die ekstase van die natuurbelewings aan die begin verkry ‘n kwellende kwaliteit in die lig van die latere uitgesproke bewustheid van die verydelende kragte in die lewe.

In afdeling twee volg die uitbeelding van die (teennatuurlike) “bedrieglike paradyse”  wat via dwelmgebruik nagejaag word. ‘n Beklemmende gevoel van futiliteit tree al sterker op die voorgrond.

So ook in die derde afdeling, “Naspele & voortvlugte” (‘n ironiese toespeling op die subtitel van N.P. van Wyk Louw se Tristia). Die voort- én teenskrywings op die temas en stylgrepe van digterlike voorgangers verteenwoordig ‘n ewe plaasvervangende strewe as die dwelmgebruik.

Die meermaals treffende  ars poetica-gedigte van afdeling vier bevestig verder die ydelheid van die digterlike strewe om die verganklikheid via kuns(her)skepping te oorstyg.

Enigsins parallel aan die natuurbelewings en die kunsstrewes is die homoërotiese ervarings wat in die afdeling “Die handgrepe van hartstog” geteken word. Dit word veelseggend gevolg word deur ‘n groep gedigte onder die titel “Die meervoud van verdriet”.     

In die twee laaste bundeldele oorheers veroudering, verval en die dood, naamlik as dieptepunt van die menslike nood.

Die ingeligte leser sou uit bostaande talle bekende temas uit die De Lange-oeuvre herken het. Met hierdie agste digbundel van hom bou hy indrukwekkend voort op sy vorige werk.

Soos voorheen is die verse fyn afgewerk, munt hulle uit in veral klankspel en beelding.

‘n Estetiserende neiging is weliswaar hier en daar merkbaar, byvoorbeeld in nuutskeppings en samestellings wat ‘n bietjie gesog of versentimentaliseerd aandoen. (Vergelyk:  “‘n soebatblou Oktoberlug”.) Voorts is ek nie oortuig dat die “algebra”-motief tot naatloosheid verweef is in die bundelopset nie. Die “&”-teken wat deurgaans pleks van “en” gebruik word, verklap dalk die digter se aanvoeling van ‘n tekortkoming in hierdie verband.

 

Resensent: Bernard Odendaal

 

Boeke-Insig sê: Met hierdie bundel versterk De Lange sy oeuvre op imponerende wyse.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Die panorama in my truspieël
Lang reis na Ithaka →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d