Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 August 20094 September 2013

Andries Bezuidenhout. Gedig oor my tannie Zandra

Ek sien LitNet het ʼn skrywersprofiel van my tannie Zandra gelaai. Gaan kyk hier.

Hier is ʼn gedig wat ek geskryf het na aanleiding van iets wat ek uit my kinderdae onthou. Ek is op laerskool, dink ek. Ons is in die Kaap vir Desember, huur ʼn huis in Milnerton. Hoekom Milnerton? Tannie Zandra en oom Gert kom kuier. Op die tafel is ʼn boek, seker oor Europese kuns. Tannie Zandra blaai daardeur, gesels met my oor die skilderye. Om prente te teken was nog altyd my enigste werklike talent en tannie Zandra was iemand wat dit verstaan het. Weens my pa se homofobie mag ek egter nie kuns as vak op skool geneem het nie.

Die gedig is nog nie klaar nie. Dis seker een van daardies wat mense as “anekdoties” sal beskryf. Ek weet nie hoe om verder daaraan te skaaf nie. Dalk moet dit maar hier bly hang.

Ek vlieg vanaand Australië toe vir twee weke. Sal probeer om elke nou en van daar af in te loer. Dalk selfs iets skryf.

LOUVRE

Tannie Zandra met lang mentolsigaret
blaai
deur ʼn koffietafelkunsboek.
Sy blaas dun rook en groot woorde.
Met haar bob ʼn hoofkroonseil sê sy:
“Andries, hierdie afdruk kan net nie
rég laat geskied
aan die skildery nie.
Jy móét dit in die Louvre sien!”

Hy hang die woord Louvre op en dink:
Skilderye se horisonne is wyer as rame,
ʼn tuinmuurkraal, of die grag om ʼn boek;
alles bars los met verf op ʼn doek.

“Kuns op skool is net vir moffies,”
beveel sy pa jare later.

Tannie Zandra, kan jy my dalk sê
hoekom hy elke galery –
Pompidou, Musée d’Orsay
Picasso, selfs Dali – jare later besoek,
maar by die Louvre loop hy verby?

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Andries Bezuidenhout. Louvre – verbeterde weergawe →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d