Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 August 20094 September 2013

Andries Bezuidenhout. Louvre – verbeterde weergawe

Groete uit Sydney. Na ʼn week hier sukkel ek nog steeds om aan die slaap te raak in die nag. Maar dan weer, by die huis is dit ook ʼn kwessie.

Zandra Bezuidenhout het voorstelle gemaak ter verbetering van die gedig oor haar wat ek hier hoog en droog laat hang het. Ek sien sy het haarself (of haar naam, ten minste) uit die storie geskryf, asook my oorlede vader se homofobie. En wie is ek nou om te protesteer as sy haar eie woorde verander? Ek dink nie juis aan haar as ʼn “tante” nie. Dit klink te ernstig! Aan die ander kant is dit nou meer speels in aanslag as die morbiede eerste weergawe.

Ek is onseker. Hoekom loop ek dan by die Louvre verby? Sonder die vader en die simbole van voorstedelike inkerkering is hierdie kwessie nou selfs méér obskuur.

Ek dink tog ek hou meer van haar weergawe – dit werk baie beter as gedig. Hier is dit:

LOUVRE

My tante rook ‘n mentolsigaret
blaai deur ʼn koffietafelboek
blaas dun rook en groot woorde.
Met haar bob ʼn hoofkroonseil sê sy:
“Andries, hierdie afdruk
praat nie soos die skildery nie.
Jy móét dit eendag in die Louvre bekyk!”

Hy hang die Louvre in sy geheue op en dink:
Die skildery se horison is wyer as die raam,
‘n prent se glans, die omslag om ʼn boek;
kuns het eenmaal losgekom in verf op doek.

My liewe tante, weet jy dalk

waarom besoek ek jare later elke galery –
Pompidou, Musée d’Orsay
Picasso, Dali, selfs –

maar by die Louvre loop ek verby?

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Gedig oor my tannie Zandra
Digstring: Zandra Bezuidenhout. Moderne Psalm →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d