Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 August 2009

Uitgeverij Van Oorschot vier fees …

Geert van Oorschot
Geert van Oorschot

Vandag is ‘n groot dag in die 63-jarige geskiedenis van die onafhanklike Nederlandse uitgewery, Van Oorschot. Nie net sou sy stigter, Geert van Oorsschot (1909-1987), vandeesmaand ‘n honderd jaar oud gewees het nie, maar die uitgewery wat hy in November 1945 tot stand gebring het, publiseer vandag hul duisendste titel. Dié spesiale publikasie bevat die korrespondensie tussen Van Oorschot en M. Vasalis (wat toevallig óók vanjaar ‘n honderd jaar oud sou gewees het), wat hulle tussen 1951 en 1987 gevoer het. “Uitgeven zoals Geert van Oorschot deed betekent onafhankelijk uitgeven, en alleen uitgeven wat je zelf mooi of goed vindt,” het Arjen Fortuin (NRC Handelsblad se redakteur en biograaf van Geert van Oorschot) opgemerk.

Uitgeverij Van Oorschot was maar nog altyd wars van die hoofstroom, maar kon onder hul galery skrywers groot name soos Hans Lodeizen, W.F. Hermans, J.J. Voskuil en G.K. van het Reve reken.  Voorts was hulle bekend vir die klassieke werke van Multatuli, Biesheuvel, Couperus, Leopold, Ter Braak en Du Perron wat hulle met netjies-versorgde uitgawes in druk gehou het.

Inderdaad is hierdie ‘n besonderse prestasie deur ‘n relatief klein hondjie op die werf wat so lank tussen die groot honde kon oorleef. En – gaan lees gerus ook weer die artikel wat Hans Ester oor die korrespondensie tussen Elisabeth Eybers en Chris van Geel geskryf het. Hierin is daar vele verwysings na Geert van Oorschot, wat nie net Eybers se Nederlandse uitgewer was nie, maar ook haar minnaar. Of Van Oorschot ‘n aangename, liefdevolle mens was? Wel, dít is ‘n totaal ánder storie …

En daarmee groet Nuuswekker vir dié week. Stook die vreugdesvure dié naweek; ons hervat Maandag weer.

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Ilse van Staden. In memoriam Marcella
Yves T’Sjoen. Vasalis & de uitgever →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Gedigkompetisie: Praat ’n slag (weer) met N.P. van Wyk Louw en/of sy grootwordwêreld!
  • Meyer van Rensburg. Werkwese
  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel

Nuutste kommentaar

  1. Hester Steenkamp on Digtersprofiel: Melt Myburgh3 August 2026

    Oewerbestaan is een van my kosbaarste besittings. Die bundel lê my baie na aan die hart.

  2. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  3. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  4. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  5. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d