Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 September 20094 September 2013

Andries Bezuidenhout. Vlug vertraag

Qantas se vliegtuig se satellietkommunikasie werk toe nie. Ons moet almal weer uitklim. Elkeen kry ʼn “meal voucher.” Ek probeer om gedigte te lees uit bundels wat ek in Melbourne se boekwinkels aangeskaf het. Helaas, lughawens laat dit nie toe nie. Vier ure later bring hulle vir ons ʼn nuwe vliegtuig met ʼn better connection. Uiteindelik kan ek wegkom uit hierdie land van “mates” met hulle irriterende aksente.

VLUG VERTRAAG

hierdie is geen hawe vir gedigte nie, nee
koffers hik deur slootjies tussen klatermarmer teëls
vaders wip aan kinders wat winde sluk van skree
ʼn selfoon oorbrug die skeur tussen rock en rap
in die badkamer ʼn ma wat om godsnaam
vir ʼn oomblik langer hande was

slaan die bundel dan maar toe
laat die vers saam met daardie tuig
wat wiele by sy romp uit buig tussen hemel en aarde
hang, laat die grondpersoneel se luidsprekers
doodluiters die koeplette kaap

vagevuur hier en passasiers van Santiago
wie se tonge te haastig oor hul voete val
om Lorca of Neruda wakker te maak
duidelik slaap Carver nog sy babelas af
berei Collins voor vir ʼn klas

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d