Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 September 20094 September 2013

Andries Bezuidenhout. My aansoek om vlugtelingstatus in Kanada

Ons trek by ʼn nuwe woonstel in. Ons vriende Tertius en Philanie bring pizza en sjampoe. Eet tussen bokse en boeke. Die borrels gaan vinnig kop toe. Philanie deel my liefde vir Leonard Cohen se musiek. Hulle is pas terug uit Italië, waar hulle Cohen se vertoning in Venesië bygewoon het. Sommer op ʼn stadsplein, waar Cohen hier bo staan. Tertius wys foto’s op sy rekenaar en ʼn video wat hy by die konsert geneem het. Cohen sing “Famous Blue Raincoat” op die skerm.

Ek wens Cohen wil hier ook ʼn draai kom gooi. My broer Nick was by sy konsert in Melbourne. Ek wens ek was ryk. Dan kon ek ook iewers heen vlieg vir ʼn konsert.

Ek dink ek gaan by die Kanadese regering aansoek doen om asiel: “Help my ouens. Ek wil ʼn Leonard Cohen-konsert bywoon voor hy doodgaan. Maar hy wil nie Afrika toe kom nie. My menseregte word daardeur geskend. Asseblief ouens, gee my asiel. Ek sal in Montreal kom woon, waar ek by die kafee kan verbystap waar hy sy croissants eet. Ek sal my hoed vir hom lig en hom nooit vir ʼn handtekening pla nie. Ek belowe.”

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Om Lorca musikaal te vertaal
Andries Bezuidenhout. Om nie oor liefde te skryf nie →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d