Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 September 200917 May 2024

Pohesie op die net

Slimwees is goed en wel en ’n gemaklike lewe na te strewe, maar ek wil ’n lansie breek vir sukkel. Dis nie dat ek heeltemal glo aan “niks wat die moeite werd is, is maklik nie”. So eenvoudig is dit nie, want wat dan van “die beste dinge in die lewe is verniet”? Die idee dat goeie kuns net uit smart en diep waters gebore kan word, is myns insiens ook onwaar, hoewel daar tog ’n mate van diepte as agtergrond agter selfs die vrolikste rympies behoort te skuil. Sukkel is egter dikwels die regte ding op die regte tyd.

   Sukkel gaan hand aan hand met sogenaamde “kreatiewe armoede”, daardie skeppende hupstootjie wat van ’n moeilike situasie ’n manjifieke geleentheid maak, soos Scarlett O’Hara se balrok van gordyne. As dinge moeilik raak, dan maak ’n boer ’n plan en ’n digter maak ’n woord.

   Kreatiewe armoede, synde ’n tekort aan bates wat op ’n kreatiewe manier omseil of oorwin word, kom mens nou ook op die www teë. Daar waar die Engelsman hoogty vier, met oënskynlik geen behoefte aan kappies, deeltekens en aksente nie. Daardie lewensbelangrike diakritiese merkers in ons taal en poësie. Hoe mens jou sê kan sê op ’n e-pos het ek nog nie ontdek nie en ’n blog sou bitter moeilik raak as dit nie was vir copy & paste nie. Maar uit moeilikheid moet mens jou dan maar mymer.

   As jy nie kan sê nie, dan seg of beweer of vertel jy maar. As jy nie kan hê nie, dan besit of bekom of begeer jy weer. Met vogeltjies in die reent is daar ook nie fout nie en op die nippertjie kan jy pohesie laat rym met kohesie. Net met poetry mag jy nie kroek nie, want dan, met apologie aan Breytenbach, “komma en punt [my] hare/ soos die diakritiese tekens van ’n gedig”  (Uit: “om ’n gedig te skryf”).

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Afrikaanse digters in oorsese publikasies
Breyten Breytenbach →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d