Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 September 20094 September 2013

Andries Bezuidenhout. Draalgedig vir sestien September

ʼn Draalgedig op sestien September. Met verwysing na “Andries se besinning” in Huis van die dowe. Met bedremmelde gelukwense en verskonings aan Breyten Breytenbach.

EN ONPA PA BLY DOOD

Is hiérdie dan my besinning?
Elkeen kry slegs een kans
om jou in die oë te kyk.
Medusa, Hades, donker engel,
figuur met mantel en sens,
stuurman van die pont by Styx? Nee.
Sulke beelde word gesmee
om die onkenbare te tem, tasbaar
in tempel, katedraal of plein te giet.

Drie keer is jy skrams verby,
het ek probeer om iets
van jou asem te ruik,
jy vir wie skaapgorrels borrel
as beangstes deurposte salf.
Ja, drie mislukte pogings
om jou oogkleur na te speur.
Skugter jy, wat slegs verbykom,
my tart, terg, tempteer.

O, daar was die keer padlangs
toe ek moes aftrek, probeer help.
Hul koppe gekombers.
Op pad van die Kaap terug
Walvisbaai toe. Tussen
Keetmanshopeloos en Mariental
raak ʼn man aan die slaap.
Hy skrik. Hy pluk. Stuurwiel.
Modder suig. Kar kantel. Onderstebo.
Kyk jou in die oë.

Twee dood, man en vrou,
die een wat jy oorsien,
die ouma, smeek vir sigaret.
Toe ek aankom was jy reeds weg,
jou werk gedoen.
Ek was nog nooit ʼn roker nie,
kon nie help nie.
Maar dít kon ek van jou agterkom.
Jy’s banaal soos ʼn ouvroumond
wat soos ʼn baba s’n oop plooi
om te soog aan nikotien.

Ek wou jou in die oë kyk,
maar jy is vlak langs verby.
Sluitstuk knars, metaal op metaal.
Bevele, maag teen die teer,
loop teen my agterkop,
stem stram gespan:
“The keys, the keys!”
“You already have them.”
“Your cellphone!”
“I don’t have one.”
“Run!”

Ek hardloop.
Die skoot. Die koeël.
Wanneer kom die koeël?
Ek wou kyk in jou oë.
Was jy genadig, of elders aan diens?
Tóg, een ding kon ek aan jou geur
bespeur. Jy’s vulgêr, beslis,
soos die vreesreuk van pis.

Daar was die keer met Pa,
my pa – hospitaal ʼn sandput
met jou gunsteling speelgoed.
Ek kon jou van nader bestudeer.
Jy was nie haastig nie.
Rustig jou spel gespeel.
Verskillend markeer meters die pas,
ʼn mirsmars, ʼn wals,
hartklop op monitor, ʼn golf.
Gety kom in. Gety trek terug.
Kom in. Trek terug.

Ek wou jou in die oë kyk,
maar hulle was my een voor
met ʼn bedwelmde naald
en het jy my nie eens ʼn roggel
of kug gegee nie. Ek moes
jou werk verwyder van sy lyf
op monitors bestudeer, ondersoek.
Sien hoe golwe afplat,
polse opgee, oorgee.

Ek wou jou in die oë kyk,
kon net hoor hoe jy koggel
toe hulle die pype uittrek, hom uitstal,
gesig uitgerys, fokken blom en Bybel
op sy dooie lyf. Moes ook dít
dan aflei uit jou asem:
bedompig soos ʼn begrafnisblom.

Ek weet, ek weet –
jy’s in longe, my blaas, die blomme.
My kans sal kom.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Om ‘n pampoen te koop op 16 September …
Toespraak: Louise Viljoen. By die bekendstelling van Breytenbach se Oorblyfsel/Voice Over. →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d