Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 September 200916 September 2009

Om ‘n pampoen te koop op 16 September …

Breyten Breytenbach
Breyten Breytenbach

Vandag is dit natuurlik die 70ste verjaarsdag van Breyten Breytenbach, die kolos van ons digkuns … En watter uitstekende program het die Breytenbach-sentrum op Wellington nie aanmekaar gesit om hierdie besonderse mylpaal te vier nie! So is daar vanaand om 19:00 die amptelike bekendstelling van Breyten se nuwe digbundel, Oorblyfsel / Voice over, wat ‘n roerende huldeblyk aan sy ontslape digtersvriend Magmoed Darwiesj is. Charl-Pierre Naudé en Louise Viljoen sal as sprekers tydens dié geleentheid optree.

Maar, indien ‘n weeksaand-affêre nie jou boontjie sop is nie, is daar ‘n hele naweek van feesvieringe wat voorlê: Op Saterdag, 19 September, word naamlik ‘n spesiale Tydskrif vir Letterkunde-uitgawe oor Breyten bekendgestel. Bydraers, waaronder Ampie Coetzee, Helize van Vuuren, Louise Viljoen, Heilna du Plooy, Willie Burger, Willem Anker, Andrew Nash en Hermann Giliomee, sal hul onderskeie referate van 10:00 tot 15:00 voordra.

En nog is het einde niet! Om 15:00 word twee dokumentêre films, wat deur Breyten se broer Cloete Breytenbach vervaardig is, vertoon, en om 20:00 volg die spesiale aanbieding Verse in my vingers. Dit bestaan naamlik uit voordragte van Breyten se gedigte deur Joan Hambidge, Zandra Bezuidenhout en Anne-Greth Erasmus. Johann Nel, Eugenie Wiggins en Waldemar Schultz sal van die verse dramatiseer en Laurinda Hofmeyr – saam met Schalk Joubert – sal die musiek verskaf. Verse in my vingers is deur Juanita Swanepoel saamgestel.

Wat ’n program! Wat ‘n geleentheid!

Skakel gerus die sentrum by (021) 873 2786 of stuur ‘n e-pos na teater@breytenbachsentrum.co.za indien jy van hierdie vertonings wil bywoon.

Inderdaad, ‘n wyedoek-geleentheid vir iemand wat breë spore deur ons digkuns trap.

***

Ten slotte fokus ek graag jou aandag op Carina Stander se artikel Breyten Breytenbach: Die skilderdigter as mitologiese figuur. Hemel, wat ‘n deeglike stuk werk! En dan is Die ideale onderhoud wat Blackface met Woordfoël gevoer het, ook ‘n “móét lees” item. Vermaaklik, insiggewend en rasperskerp. Ook Johann Lodewyk Marais se nuutste blog-inskrywing oor die solidariteit onder die digters tydens Breyten se hofsaak in 1977, is nommerpas vandag.

***

Lekker verjaar, Breyten! Mag die pampoen in hierdie nuwe lewensjaar selfs nog soeter wees as wat jy jou dit sélf sou kon voorstel … 
Mooi bly.

LE

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. Breytenbach en Opperman in die hof
Andries Bezuidenhout. Draalgedig vir sestien September →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d