Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 September 200917 May 2024

Ilse van Staden. Skryfkuns se ander familie

 Hoe meer ek myself week in ander kunsvorme buiten die skryfkuns, hoe interessanter raak dit om vergelykings te tref en parallelle te trek. Nie net in terme van praktiese oorwegings soos spasie, uitvoerbaarheid en onkoste nie, maar ook die manier waarop elkeen ontstaan en hoe dit tot uitdrukking kom.

    Die mees efemere kunsvorm is seker die dans. In sy suiwerste vorm bestaan dit net in die oomblik. Dit is soos ’n verskietende ster of ’n reier wat teen die sonsondergang vlieg, enkel en enig en onherhaalbaar. Choreografiese notas? Video opnames? Niks kan dit werklik vasvat nie. Poetry in motion, sekerlik, maar ’n woordelose poësie wat van jou lippe sal gly soos oggendmis. Soos poësie benodig jy in werklikheid net jouself om dit te kan beoefen – geen apparate of voorrade buiten jou eie bewussyn nie.

   Musiek kom daar naby. Sang kan immers ’n brug span tussen poësie en dans. Tog is dit makliker om musiek vas te vang – jy kan dit noteer of opneem of in jou kop vashou as ’n wysie. Buiten wanneer jy die instrument in jou goue keel ronddra, kan musiek ook swaar raak. Nie Wagner-swaar of requiem-swaar nie, maar fisies swaar soos ’n tjello of ’n vleuelklavier.

   Die enigste kunsvorm wat nie in tyd afspeel nie, is die beeldende kunste. Goed, dit neem tyd om te maak en sekerlik tyd om werklik te waardeer, maar in essensie is dit net eenvoudig daar. Meteens en vir altyd (installasiekuns en ander moderne goeters neem ek nie hier in ag nie). Die naaste wat poësie daaraan kan kom, is in iets soos ’n haikoe wat mens byna met een oogopslag kan “weet”.

  Van die drie algemeenste skryfvorme, kom die kortverhaalkuns vir my die naaste aan beeldende kuns en dan spesifiek skilderkuns. Poësie is te vlugtig, meer dalk soos ’n waterverfskildery wat vars en vinnig gebeur. Of ’n foto? Romans is weer te lank en kompleks, ’n hele wêreld vol stories en intriges. Kortverhale lê iewers tussenin. Selfs die aanbieding is dieselfde – jy versamel ’n stuk of vyftien, twintig verhale/skilderye en stal dit dan uit vir gesamentlike waardering. Woorde pas natuurlik sommer in jou gatsak, terwyl skilderye ’n wavrag kan word.

   Wie ook al wat beoefen, is ek in elk geval oortuig dat noue familiebande ’n voorreg is, ’n kans vir nuwe stories en vars inspirasie. Ek leef hoeka met twee muses saam – wanneer die skryfmuse my verlaat, mik ek maar na die verfkwas. Viva la familia!

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d