Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 September 200930 September 2009

Huldeblyk.IL de Villiers (Cas Vos)

IL de Villiers – skerpsinnig en kleurryk

Cas Vos

 

Die dood laat ʼn mens met sagte oë na ander kyk. Veral as jy en die oorledene dikwels oor die kronkelpaaie van die lewe gepraat het. Dit was veral laataand gesprekke oor die foon. Oorgesprekke. Nadink woorde. Wyse woorde. Woorde vol sterstof. Ek hoor nog die eggo’s daarvan.

 

Ons paaie het sê so sewe jaar gelede gekruis. Daar was van meet af ʼn aanvoeling vir mekaar. Mense met en van woorde voel ook die ander se woorde.

 

Ons het baie oor die donker en die lig van menswees gepraat. En veral saam die broosheid van menswees verstaan. Daar was die lag en die traan. Izak se verrassende humor en kwinkwoorde. Sy insig in die skuiltes van die menslike bestaan. En natuurlik het hy skyn-heiligheid verag. Hy was pylreguit en het ook sake diep gepeil.

 

Soos te verwagte het ons baie sand oor die poësie gestrooi. Ek het sy vormvernuf bewonder. Dis hy wat my aangeraai het om ʼn paar sonnette te skryf. “Hou aan totdat jy dit regkry. Moenie ophou nie.” Ek het geluister.

 

Sy Leitourgos is ʼn meesterlike bundel. Vol liturgiese en teologiese wyshede. Daar is soveel kostelike humor. As jy ʼn votum of gebed soek, is dit daar. Ek het sy twee laaste bundel hoog aangeslaan. Ryp, ryk met soveel lae.

 

Ek het vir Izak gesê dat hy die beste skrywer van godsdienstige essays in Afrikaans is. Verder dat ek ʼn paar kort verhale by hom vermoed. En nou bly alles in die laai van vergetelheid.

 

Izak se bydrae tot die Liedboek van die Kerk is magistraal. Daar word deurleefde teologie gesing. En dié klanke sal nie ophou nie. Dalk eggo dit ook in die hemel.

 

Izak, jy het my lewe verryk. Dankie vir jou vriendskap en menswees. Jy is nou in die skadu van genade.

 

Meelewing met Rina en die kinders. Al Izak se vriende dink aan julle.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Huldeblyk.IL de Villiers (Charl-Pierre Naudé)

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d