Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 September 2009

Huldeblyk.IL de Villiers (Charl-Pierre Naudé)

Nog ‘n skrywer het die pad gevat.

Charl-Pierre Naudé

 

Die verse van I.L. de Villiers was van die eerstes wat ek ooit gelees het. Ek was nog op skool, dit was dekades gelede.

 

I.L. de Villiers was ‘n omstrede man. Met alles waarvoor hy gestaan het kon almal nie altyd saamstem nie. Maar hy het die poësie na Jan Alleman gebring soos min Afrikaanse digters voor of na hom. En in oënskynlike spanning hiermee het hy onverpoos ‘n aristokratiese ideaal verteenwoordig. Sommige mense sal sê hy het hierdie ideaal minder goed verwesenlik tydens sy redakteurskap van Rapport destyds.

 

In ‘n tyd soos hierdie kyk mens na die hoogtepunte en die strewes agter die omstrede openbare persoon.

 

Ek het hom oor e-pos leer ken omdat ek as teksversorger gehelp het om sy laaste boek, Strooidak en toring, vir voorlegging gereed te kry. Agter in hierdie boek is ‘n referaat wat hy gelewer het voor die Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns oor die belang van kleiner kulture om te oorleef. Dit vertoon ‘n deurdinkte strewe en – dalk omdat dit Izak de Villiers binne ‘n verswakte Afrikaanse verband was – vertoon dit besonder edel. 

 

Die Izak de Villiers wat ek as openbare figuur geken het, het ek dikwels ervaar as antagonisties teenoor die strewes wat vir my persoonlik belangrik is. Ons was van verskillende generasies. Die een wat ek meer persoonlik leer ken het, in die kwesbaarheid – die weliswaar uiterste kwesbaarheid – van sy ouderdom het ek ervaar as iemand wat baie bewus is van sy eie teenstrydighede, pynlik bewus, soos ook blyk uit sy laaste boek, en juis daarin het hy my herinner aan hoe belangrik dit is om mens se eie strewes meer genivelleerd te sien, meer in spanning met hul eie kontrapunte, en dus helderder – strakker – binne menslike en sosiale verband.

 

Hamba kahle, I.L. de Villiers. Gaan u goed. 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Huldeblyk.I.L. de Villiers (Joan Hambidge)
Huldeblyk.IL de Villiers (Cas Vos) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d