Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 October 20094 September 2013

Andries Bezuidenhout. “Bleek Berus” se baadjie

Dis lekker as die produksie van ʼn boek of ʼn CD einde se kant toe staan. Veral as jy kan begin om die baadjie aan te trek. Dis hoe “Bleek Berus” waarskynlik gaan lyk. Tien nuwe songs, einde van die maand beskikbaar.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Woorde en manne en sulke goed
Dis tyd om opgewonde te begin raak … →

4e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. “Bleek Berus” se baadjie”

  1. Andries Bezuidenhout says:
    6 October 2009 at 08:09

    Marlise, Angola Badprop stop toe by Aardklop ‘n CD in my hand – “Twintig jaar later – van Voelvry tot Fokof.” Dis ‘n oorsig van Afrikaanse rock die afgelope 20 jaar. Daarop staan: “Waarskuwing: Eksplisiete lirieke.” Nou wonder ek of ek op my CD moet skryf: “Waarskuwing: Depressiewe lirieke.” Hopelik luister mense ook die humor raak!

    Reply
  2. Marlise says:
    6 October 2009 at 07:54

    Dis ‘n wonderlike liriek, wat ook sosiale kommentaar lewer – op ‘n baie melankoliese wyse. Ek vermoed jy sing hierdie liriek baie stadig. Ek hou van ‘vliese van kristal’. Maar goed, ek verstaan nou die titel beter. Ek moet ook maar keer dat my kop nie ‘n mieliepit word in die winter van ouderdom nie, en dat ek byhou met die idees/simboliek/taalgebruik of nuutskeppings en verwringings van die jonger digters! Ek sien uit na jou nuwe CD!

    Reply
  3. Andries Bezuidenhout says:
    6 October 2009 at 07:33

    Marlise, dit kom uit die volgende liriek. Tegnies moet dit seker “Bleek Berusting” wees. Maar wie wil nou tegnies raak as dit oor musiek gaan? Hierdie spesifieke liriek gaan oor die Hoëveld as woestyn en oor die estetika van lelik. Die titel (Hoëveld-utopia) het ek met toestemming by die sosioloog en historikus Jon Hyslop gesteel.

    HOËVELD-UTOPIA

    Die son se gesig word weer bleek belig
    deur die koue filters van die Hoëveldlug.
    Die sfeer word omvou deur ʼn kras, kil blou
    met vliese van kristal wat aan die koepel klou.

    Die winter penetreer steen en sement,
    gee aan elke huis hier ʼn koue fondament.
    Karavaan bly staan op baksteen en wiel
    onder die kaal, kaal stokke van ʼn druiweprieel.

    Hoe lank duur die winter, sê vir my,
    of dink jy die seisoen het gekom om te bly?

    Dis snerpend teen skemer, nypend in die nag
    as Nigel en Balfour op die oggend wag
    vir murg en ryp en pyp te ontdooi,
    om die rillings tydelik uit lywe te looi.

    Die riwwe hier onder is vir hitte verpand,
    maar daardie vuur het lankal uitgebrand.
    Skagte val toe, torings trek skeef,
    onder Main Reef Road lê die tonnels nou leeg.

    Daar’s dalk klaarheid in kras, ook ʼn wil in kil –
    dan word brandende vrae uiteindelik stil,
    bring die winter se lug ʼn bleek berus
    wat soos die wind en die mis
    oor jou skouers kom rus.

    Hoe lank duur die winter, sê vir my,
    of dink jy die seisoen het gekom om te bly?

    Reply
  4. Marlise says:
    5 October 2009 at 15:55

    dis ‘n eienaardige titel Andries. wat beteken dit? marlise

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d