![]() 4 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. “Bleek Berus” se baadjie” |
|
Andries Bezuidenhout. “Bleek Berus” se baadjieDis lekker as die produksie van ʼn boek of ʼn CD einde se kant toe staan. Veral as jy kan begin om die baadjie aan te trek. Dis hoe “Bleek Berus” waarskynlik gaan lyk. Tien nuwe songs, einde van die maand beskikbaar. Tags: Andries Bezuidenhout Monday, October 5th, 2009 | Uncategorized. Both comments and pings are currently closed. ![]() 4 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. “Bleek Berus” se baadjie” |
|
dis ‘n eienaardige titel Andries. wat beteken dit? marlise
Marlise, dit kom uit die volgende liriek. Tegnies moet dit seker “Bleek Berusting” wees. Maar wie wil nou tegnies raak as dit oor musiek gaan? Hierdie spesifieke liriek gaan oor die Hoëveld as woestyn en oor die estetika van lelik. Die titel (Hoëveld-utopia) het ek met toestemming by die sosioloog en historikus Jon Hyslop gesteel.
HOËVELD-UTOPIA
Die son se gesig word weer bleek belig
deur die koue filters van die Hoëveldlug.
Die sfeer word omvou deur ʼn kras, kil blou
met vliese van kristal wat aan die koepel klou.
Die winter penetreer steen en sement,
gee aan elke huis hier ʼn koue fondament.
Karavaan bly staan op baksteen en wiel
onder die kaal, kaal stokke van ʼn druiweprieel.
Hoe lank duur die winter, sê vir my,
of dink jy die seisoen het gekom om te bly?
Dis snerpend teen skemer, nypend in die nag
as Nigel en Balfour op die oggend wag
vir murg en ryp en pyp te ontdooi,
om die rillings tydelik uit lywe te looi.
Die riwwe hier onder is vir hitte verpand,
maar daardie vuur het lankal uitgebrand.
Skagte val toe, torings trek skeef,
onder Main Reef Road lê die tonnels nou leeg.
Daar’s dalk klaarheid in kras, ook ʼn wil in kil –
dan word brandende vrae uiteindelik stil,
bring die winter se lug ʼn bleek berus
wat soos die wind en die mis
oor jou skouers kom rus.
Hoe lank duur die winter, sê vir my,
of dink jy die seisoen het gekom om te bly?
Dis ‘n wonderlike liriek, wat ook sosiale kommentaar lewer – op ‘n baie melankoliese wyse. Ek vermoed jy sing hierdie liriek baie stadig. Ek hou van ‘vliese van kristal’. Maar goed, ek verstaan nou die titel beter. Ek moet ook maar keer dat my kop nie ‘n mieliepit word in die winter van ouderdom nie, en dat ek byhou met die idees/simboliek/taalgebruik of nuutskeppings en verwringings van die jonger digters! Ek sien uit na jou nuwe CD!
Marlise, Angola Badprop stop toe by Aardklop ‘n CD in my hand – “Twintig jaar later – van Voelvry tot Fokof.” Dis ‘n oorsig van Afrikaanse rock die afgelope 20 jaar. Daarop staan: “Waarskuwing: Eksplisiete lirieke.” Nou wonder ek of ek op my CD moet skryf: “Waarskuwing: Depressiewe lirieke.” Hopelik luister mense ook die humor raak!