Kan jy die verskil sien? Ek kan nie die verskil sien nie. Kan jy die verskil sien? Ek kan nie die verskil sien nie. Kan jy die verskil sien? Ek kan nie die verskil sien nie.
My ondigterlike grappie vir die dag. N.a.v. Melt Myburgh se foto van Lorca en Dali en die akteurs wat hulle speel. Ek lees toevallig op die oomblik Lorca se New York-gedigte.
Ek ry in spitsverkeer werk toe. Ek het my rekenaar by die huis vergeet. Ek ry terug huis toe. Die verkeer is rustiger. Daar is Casspirs in Hillbrow. My rekenaar is nie by die huis nie. Ek vind dit in die kar se kattebak. Ek ry terug werk toe. Die strate is nou heeltemal stil. Ek is al een wat oor is op die pad. Is dit die wegraping, of is almal in Lindela opgesluit?
Oraaaaaiiiiiit! Is die een dude se naam nie Jason Bourne nie? Ek onthou ek het oor hom gelees in die tagtigs in ‘n tent buite Mamelodi.
Maklik om die twee uit te ken: Die ou aan die regterkant raak geniepsig wanneer hy tjips eet. Die ou aan die linkerkant kan nie rugby speel nie.