Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 November 20094 September 2013

Andries Bezuidenhout. Hul laaste dae in Johannesburg, skets 1d

1
Teen skemer die halfdonker lug,
die lae son wat laaste helder kleure
onder ʼn donker wolkmat invee –
die mynhope se geel, sinkdakke se rooi,
jakarandas se pers en almal hou asem op,
selfs die verkeer op die M1,
vir daardie helder stilte in ʼn oomblik…
nou nog stil, stil… en dan
die dreuning, ʼn blits, ʼn knal.
In die bosveld, selfs die woestyn, of die see;
ʼn moontlike onderwerp vir Constable of Turner

maar waar ons woon:
soos patrollieligte
teen ʼn agterstraatmuur.

Asblikke as wakers
rommel as stakers.

2
“It would not occur to us to demand a prescription for nostalgia. Yet in the seventeenth century, nostalgia was considered to be a curable disease, akin to the common cold. Swiss doctors believed that opium, leeches and a journey to the Swiss Alps would take care of nostalgic symptoms. By the twenty-first century, the passing ailment turned into the incurable modern condition. The twentieth century began with a futuristic utopia and ended with nostalgia. Optimistic belief in the future was discarded like an outmoded spaceship sometime in the 1960s. Nostalgia itself has a utopian dimension, only it is no longer directed toward the future. Sometimes nostalgia is not directed toward the past either, but rather sideways. The nostalgic feels stifled within the conventional confines of time and space.” – Svetlana Boym.

3
Toe hy vanoggend werk toe ry moet hy lank by die kruising met Bezuidenhoutstraat wag vir ʼn aantal vragmotors om verby te ry. Agterop is mans in rooi oorpakke, sommige het helms met perspex visors op hulle koppe. Op hulle rûe staan in wit: “Red Ants.” Die skoktroepe van stedelike vernuwing. ʼn Hele tyd gelede het hulle begin met die restourasie van die Chelsea Hotel in Hillbrow. Dis in verskillende skakerings beige geverf. Seker nie onvanpas vir ʼn Art Deco-gebou nie. Maar dis nie meer ʼn hotel nie.

4
Liewe Laetitia, ek het lanklaas geskryf,
jy weet, dinge gaan maar rof in hierdie bedryf,
geen tyd meer vir vriende, of tyd om te onthou,
ʼn vinnige e-mail om kontak te hou.

My kitaar is vol stof waar dit staan in die hoek,
na die trek van die Kaap af is al my LP’s nou soek,
daar was bokse vol foto’s, leggers vol briewe,
die uitsorteer laat ek nou maar oor aan die diewe.

En ek weet nie meer vir wie om my hart te gee nie
en tog het ek nooit daai ou songs verleer nie.
Dis net werk toe wat ek nog deur Hillbrow ry…

Jy weet, ek ry nou die dag verby die Chelsea Hotel,
vensters toegespyker, haar dae is getel,
geen Mini-Cult Cinema, geen Estoril Books.
Hoe gaan dit in Londen, het jy gevind wat jy soek?

En ek weet nie meer vir wie om my hart te gee nie
en tog het ek nooit daai ou songs verleer nie.
Dis net werk toe wat ek nog deur Hillbrow ry…

Bernoldus en Kerkorrel is albei dood
en Kombuis se kinders is al amper groot.
Laetitia, ek weet ek moet jou keuse respekteer,
maar tog moet ek sê ek het iets geleer:

Al weet ek nie vir wie om my hart te gee nie
en al weet ek nie hoe het ek liefhê verleer nie.
Dis net huis toe wat ek nog deur Hillbrow ry
tog is ek vasgeanker, moet ek hier bly,

is ek deel van hierdie land met liefde en haat,
het ek te veel gegee en te veel gevat
om die donker land nou te verlaat,
om die donker, donker land nou te verlaat.

So nag, liewe Laetitia, jy moet lekker slaap,
ek druk alweer “delete”, laat ons dit hierby laat.
Droom sagte drome in die noordelike nag,
in die suide van Afrika sal ek vir jou wag.

5
Elke dag ry hy met Empireweg langs tot in Louis Bothalaan. Hy kan nie help om te lag oor die name van die twee strate nie. Wanneer word die bordjies verhang? Van Hillbrow se mooiste woonstelblokke is op hierdie kruising. Tegnies is dit seker Berea, nie Hillbrow nie. Hy kom op ʼn boek af in ʼn muwwerige boekwinkel. Die boek se naam is Lost Johannesburg. Dit gaan oor al die geboue wat in die stad gesloop is. Dit het ʼn foto van hoe die interseksie van Empire en Louis Botha lank gelede gelyk het. Daar was ʼn verkeersirkel. Pragtige woonstelblokke. ʼn Bushalte. Fonteine. Die hele sirkel het ʼn argitektoniese eenheid gevorm.

6
Uitvalgrond.

7
Verwysings: Svetlana Boym. 2002. The Future of Nostalgia. Basic Books; Pamila Gupta. 2009. “The Future(s) of (Colonial) Nostalgia or Ruminations on Ruins.” Johannesburg Salon, volume 1, pp. 55-57.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Francois en Francois Pienaar
Andries Bezuidenhout. Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d