Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 October 2009

Lorca se oorskot opgegrawe

Federico García Lorca
Federico García Lorca

Volgens De Papieren Man het die Andalusiese owerheid verlede week begin met opgrawings by die massagraf te Alcafar naby Granada in Spanje. Die vermoede bestaan dat die oorskot van Frederico García Lorca (1898-1936) in hierdie graf te vinde sal wees, saam met ten minste drie ander persone s’n. García Lorca is op 19 Augustus 1936 deur Falangiste vermoor en saam met twee anarchiste en ‘n onderwyser in ‘n sloot langs die opgedroogde Vizanarrivier begrawe.

Die besluit om wel die massagraf op te grawe, volg na ‘n lang en uitgerekte hofsaak. Die familie van die ander persone wat vermoedelik saam met Lorca begrawe is, het die aansoek by die owerheid ingedien aangesien hulle hul voorsate op ‘n gepaste manier wou her-begrawe.

García Lorca se familie het egter heftig beswaar gemaak hierteen aangesien hulle ‘n media-stormloop verwag.  Die hof se uitspraak is derhalwe dat géén media-verteenwoordiging by die opgrawing toegelaat sal word nie; die aantal liggame sal gewoon getel word, en indien dit moontlik is om Francisco Galindo en Joaquin Galadí se oorskot te identifiseer, sal hul liggame verwyder word en aan hul onderskeie families oorhandig word om weer te begrawe.  García Lorca se oorskot, indien dit wel in dié graf gevind word, sal dus op versoek van sy familie nóg geïdentifiseer, nóg verwyder word.

‘n Verdere berig is ook op De Contrabas se webblad te vinde.

 Vir jou leesplesier vanoggend, een van Lorca se verse in die pragtige vertaling van Uys Krige.

‘n Vreugdevolle (en produktiewe) week word jou toegewens.

 Mooi bly.

LE

 

Lied van die ruiter

 

Córdoba.

Ver weg en gans alleen.

 

Pikswart ryperd, ronde maan,

met ‘n sak olywe teen my saal.

Al wis ek waar elke stofpad gaan,

nooit sal ek Córdoba ooit haal.

 

Ver oor die vlakte, in teen die wind,

pikswart ryperd, bloedrooi maan.

Waar Córdoba se torings blink,

staar stip die dood my aan.

 

Ai, wat ‘n lang ent pad vannag!

En, ai, my dapper perd, jy’s stom!

Ai, dat die dood daar vir jou wag

voor ek in Córdoba kom!

 

Córdoba.

Ver weg en gans alleen.

 

(c) Frederico García Lorca (Vertaling: Uys Krige, Verse van Lorca, 1987: Human & Rousseau)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Om Lorca musikaal te vertaal
Andries Bezuidenhout. Francois en Francois Pienaar →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d