Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 October 2009

Roel Richelieu Van Londersele

Tot zij de wijn is
Tot zij de wijn is

Vir etlike jare al is Roel Richelieu Van Londersele een van my gunsteling digters in Vlaandere. Daarom dat ek met groot vreugde via ‘n berig op De Contrabas kon kennis neem van sy nuwe digbundel: Tot zij de wijn is. Van Londersele, wat reeds in 1973 gedebuteer het met die digbundel Marie Sans Toiltette, is bekend as romanskrywer én digter. Sy voorlaaste bundel was Een mens op de bodem wat in 2005 verskyn het.  

Nietemin, op De Contrabas word ‘n kort onderhoud met hom gevoer en op die vraag na die aard van die bundel, het die man met die musikale naam soos volg geantwoord: “Ik kan in deze bundel weer niet anders dan mezelf zijn. Dat wil zeggen dat ik niet voorbij kan aan een romantische ondertoon, noem het een zekere blues. Maar sentimentaliteit is de grootste vijand van het gedicht. Daarom moet het taalkunstwerk altijd primeren en moet de mooie-woordjes- poëzie zeker worden vermeden. Ik heb niets wereldschokkends te vertellen. De grote thema’s liggen weer op mijn weg. Ze werden mij door de urgentie opgedrongen. Door mij alweer te buigen over liefde, dood, eenzaamheid, verdwenen ouders en nageslacht rest mij alleen nog de taal om er toch weer ‘iets anders’ van te maken.”

Sjoe. Só eenvoudig gestel en tog só waar. Die allemintige uitdaging om iets “gewoon” iets anders te maak deur middel van taal … Ter illustrasie, en vir jóú leesplesier, plaas ek die pragtige gedig ‘Ik zal je nabootsen’ onderaan vandag se Nuuswekker.

***

Op die plaaslike front is die gróót nuus dat Gilbert Gibson se langverwagte nuwe bundel, oogensiklopedie, gister in die winkels afgelewer is. En watter pronkwerk is dit nie! ‘n Meesterlike werk deur ‘n besonder begaafde digter. Om die waarheid te sê, ‘n mens kan Van Londersele se uitspraak jeens sy eie bundel hierbo nét so van toepassing maak op Gilbert s’n. Gaan lees gerus die onderhoud wat met hom gevoer is, asook die inligtingstuk by publikasies. Onder die bloggers het Andries Bezuidenhout ‘n bietjie pret met Francois Bourne en Jason Pienaar terwyl Bernard Odendaal weer die volgende aflewering in sy besprekings vir voorgeskrewe gedigte geplaas het. Dié keer bespreek hy Breyten Breytenbach se “die geheue ‘n kou vol voëltjies”. 

Lekker lees en onthou tog om jouself effentjies te bederf hierdie naweek. Nuuswekker hervat weer Maandag.

Mooi bly.

LE

 

ik zal je nabootsen, een mal gieten voor
de gebrekkige dagen, de stoel kleden met je trui,            
de koffie sterker zetten, luidkeels
klaar roepen, beneden aan de trap

 

ik zal je opslaan in elk vindbaar bestand,
een wereldwijd web spannen over je geur,
buiten mij om praten met het behang,
dat je vanmorgen nog heeft gezien

 

ik zal dag, nacht en uur ontruimen
om plaats te maken voor je komst.
alles neem ik terug: mijn haastige lach,
mijn onhandig woord, mijn oude vingers

 

nee, er is verraad noch twijfel:
ik wil door jou gevonden worden

 

© Roel Richelieu Van Londersele (Uit: Tot zij de wijn is,)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Onderhoud: Gilbert Gibson
Poësie versterk breinkrag →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d