Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 November 200926 November 2009

Rare boek in toilet gevind

Charles Darwin
Charles Darwin

Op sy webtuiste vertel De Papieren Man dat daar onlangs in ‘n toilet in Oxford ‘n besonderse ontdekking gemaak is, naamlik ‘n eerste uitgawe van Charles Darwin se beroemde publikasie On the Origin of Species. Van hierdie boek, waarin hy sy ewolusie-teorie uiteensit en wat presies 150 jaar gelede, in 1859, verskyn het, is daar net 1,250 eksemplare gedruk. Vir jare – indien nie dekades nie – het dié ongelooflike vonds dus op ‘n boekrak in die Oxford-familie se gastetoilet gestaan sonder dat iemand besef het watter kleinood hulle in hul besit het …

Dié boek is eergister deur Christie’s op ‘n veiling aangebied. Die prys waarteen dit verkoop het, is £103,000 (ongeveer R1,3 miljoen!) 

Mmm, nou ja toe. En waarskynlik is daar onder julle wat hier lees, diegene wat dink dat daar geen beter plek vir Darwin se boek kan wees as júís op ‘n stofdeurdrenkte rak in ‘n toilet nie … Skaam julle. Hoe dit ook al sy, ek sluit vanoggend se Nuuswekker af met iets wat ene Barbara Tuchman oor boeke te sê gehad het: “Books are the carriers of civilization. Without books, history is silent, literature dumb, science crippled, thought and speculation at a standstill. Without books, the development of civilization would have been impossible. They are the engines of change, windows on the world, ‘lighthouses’ (as the poet said) ‘erected in the sea of time.’ They are companions, teachers, magicians, bankers of the treasures of the mind. Books are humanity in print.”

En, natuurlik – ‘n boek kán jou lewe verander.

 ***

 Op die webblad is daar vanoggend ‘n brief uit die buiteland deur Andries Bezuidenhout wat sy lot betreur dat hy nie vanjaar se Versindaba kan bywoon nie; hopelik is jóú omstandighede beter as syne en is dit wel vir jou moontlik om hierdie fees by te kan woon. (Ai, nog net één slapie, dan is dit sulke tyd.)

Mag hierdie dag gladweg uit sy skroewe kom vir jou.

Mooi bly.

LE

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: “Strik” (Gerhard Barkhuizen)
  • Stephan du Toit. Musk stel ‘slimste KI tot nog toe’ bekend
  • Corlia Fourie. Oë van die tyd
  • Resensie: "Antjie Krog: ʼn  Ondersoekte lewe.  ʼn Huldiging" (Louise Viljoen, Red.)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. La dolce vita
  • Anne-Marie Bartie. riem telegram
  • Anne-Marie Bartie. dialoog
  • Paul Kloppers. die belangrikheid van byhou
  • Andrea Sieberhagen. Die kleur van stilte

Nuutste kommentaar

  1. Bester on Bester Meyer. Breyten Breytenbach: Om die duif wat opkom en ondergaan aan te hou volg …12 March 2026

    Dankie vir die kommentaar Dietloff. Ek het twee weke terug afgekom op Eklips in ʼn boekwinkeltjie vir R10. Haal sommer…

  2. Jan Breet on Resensie: “Seine” (Koos de Wet)11 March 2026

    Is hierdie 'n resensie of 'n lesing oor die digkuns?

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Bester Meyer. Breyten Breytenbach: Om die duif wat opkom en ondergaan aan te hou volg …8 March 2026

    Baie dankie vir hierdie persoonlike siening en waardering van Breyten se werk.

  4. Gerard Scharn on Gerard Scharn. dirge6 March 2026

    Baie dankie meneer Odendaal.

  5. Bernard Odendaal on Gerard Scharn. dirge5 March 2026

    Treffende ironie. Die hart sing sy solodeuntjie.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d