Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 November 20094 September 2013

Andries Bezuidenhout. Wense uit die buiteland, ag tog

Ek het erg baie na die Versindaba uitgesien. Hierdie jaar se tema lê my na aan die hart – digters wat kwasse met verf rondswaai. En nou moet ek in een of ander dorpie reg in die middel van Duitsland gaan bibber. Dit terwyl dit nog te vroeg vir die Kersmarkte en glühwein is. Blykbaar het die Duitse ryk lank gelede hul koloniale landbouers in Witzenhausen opgelei. Deesdae sit die Universiteit van Kassel se landboufakulteit in die geboue. Ek sal maar ʼn bier daar drink as David Kramer die verrigtinge afkop en ʼn stukkie Koos Kombuis sing:

Ons is gesoute reisigers
Deur dop en lied, deur klank en vers
Ons is ballings uit ʼn paradys
Orals bekend, maar nêrens tuis
Agter elke grens ʼn vreemde taal
In elke stad sy katedraal
Maar waar jy ook al sing of vra
Jou toekoms bly in Afrika

As die nag finaal sy mantel gooi
As die son verdof van wit tot rooi
As stede stil word, mense bang
In die woude niks meer voëlgesang
Sal ons wat weet ons voete wend
Terug na die donker kontinent
Die laaste lente volg weldra
Ons toekoms wag in Afrika

Louis, Marlise, ek hoop die eerste buitelug Versindaba is ʼn reuse sukses!

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Rondborstige en “plat” karakters
Andries Bezuidenhout. Waarna ek vanoggend geluister het →

4e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Wense uit die buiteland, ag tog”

  1. marlise says:
    30 November 2009 at 09:06

    Groot vreugde hier – ek het die foto’s gekry! so met die hulp van my seun wat by Didata werk … hy ingelog op my computer en iewers uitgevis uit die kamera se ‘hardeskyfie’ – so iets,.. en dit terwyl die kamera dan wys daar is geen foto’s meer op nie. Tegnologie is soms net so duister soos onsigbare planete. Sodra ek dit bewerk het, kan almal kyk….

    Reply
  2. marlise says:
    30 November 2009 at 05:56

    Andries, ek wou so graag foto’s van die digterskilders se kunsuitstalling hier op ons web plaas – maar helaas, ‘n ramp het my getref. Ek het al die foto’s verloor terwyl ek dit afgelaai het op die rekenaar. Ek weet sowaar nie wat het gebeur in die middernagtelike ure nie. Dalk was ek te moeg en het nie gekonsentreer op wat ek doen nie. Daar is selfs niks meer op my kamera nie. Ek hoop maar net dat ander geneem het en vir ons sal stuur. Daar is enkeles tans op die foto-blad wat Una Beekman aangestuur het. Maar het enige ander een ook foto’s geneem van die kunsuitstalling? Johan Myburg?
    O hoe verdrietig – die eerste keer dat dit met my gebeur… 🙁

    Reply
  3. marlise joubert says:
    25 November 2009 at 15:51

    Dankie vir die meelewing liewe reisiger in Witzenhausen. Ek sal maar baie foto’s neem en later hier op die web gooi. Ek dink die uitstalling van digters se verwe gaan wonderlik wees – ek is verstom oor die hoogstaande kwaliteit van die werke wat ek gister uit twee enorme kratte moes uithaal. Ek dink nie daar sal ooit weer so ‘n besondere kunsuitstalling wees nie – om soveel digters se kunswerke bymekaar in een lokaal te siene te kry is eenvoudig uniek. groete!

    Reply
  4. Louis says:
    25 November 2009 at 13:16

    Dankie vir die goeie wense, Andries. Ai, hoe wens ek nie nou dat ek en Marlise eerder saam met jou op ‘n stoep kon sit en bierlangs loer na die toneel in jou foto hierbo nie … Sjoe. Wat ‘n skilderagtige dorpie! Daarom dat ek nie seker is of jy troos of invryf nie, jou gelukkige derduiwel.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d