Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 December 20091 December 2009

Versindaba 2009 onder die hemel

(Ervarings van twee uit die vier indabasessies)

 Una Beekman

 

 

Vrydagaand :

Onder die skoon hemel op die oop verhoog by Oude Libertas skop die Versindaba af met die veteraan Susanne Beyers wat die aankondigings doen. Sy het ʼn moulose rooi fluweel rok aan wat haar foutlose stem versinnebeeld.

 

Jannie Mouton doen die verwelkoming en bevestig sy belangstelling en ondersteuning vir hierdie geleenheid.  

Versindaba 2009 in die Oude Libertas Amfiteater, Stelllenbosch
Versindaba 2009 in die Oude Libertas Amfiteater, Stelllenbosch

David Kramer begin die show en sing ons in trane met sy laaste liedjie oor die Blou Botteltjie uit sy Tamboerskloof-dae.

Cas Vos lees sy gedigte wat handel oor geboorte en liefde. Carina Stander is ʼn ongekunstelde bosnimf wat op 33 verwys na toe sy 21 was as die goeie ou dae en lees oor hoe sy op die donkie se rug swem.

Johan de Lange lees sy gedigte oor Johannes Kerkorrel, Ina Rousseau, Eugéne Marais en sy besoek aan Ernst van Heerden. Piet van Rooyen is ʼn diamant  uit Namibië van die Gamsberge af wat met ʼn spontane gemak sy omgewing se verse voorlees.

Geskilderde woorde  is ʼn voorlesing deur Antoinette Kellerman en Nic de Jager met hulle kleurryke stemme oor gedigte van skilderye en kunstenaars.

Antoinette was vir my ons eie “Mona Lisa” op daardie verhoog – beeldskoon, tydloos en bloody radiant.

 

Danie Marais bring ʼn blinde pianis op die verhoog om een van sy gedigte met klavier te belig.

Net daarna sing Renette Bouwer getoonsette gedigte deur Niel van der Watt uit Lady Anne Liedboek en begelei deur Elna van der Merwe.

Antjie Krog voorlesing van eie verse
Antjie Krog voorlesing van eie verse

Antjie gee haar voorlesing en haar gedig Die Laning sal my altyd bybly. Die aand sluit af met die lieflike sangstemme van die Schola Cantorum Kamerkoor.

 

 

Saterdag 2nm:

Die paneelbespreking “Met woord en kwas” onder leiding van Ampie Coetzee oor die digter as skilder met Carina Stander, Johan Myburg en Charl-Pierre Naudé skop hierdie sessie af. Daar is dan ook hierdie jaar vir die eerste keer ‘n kunsuitstalling deur onder andere deelnemende digters.

Word skilderye gedig of word gedigte geskilder, maar Ampie kon nie ‘n klokhelder uitslag kry nie, want die digters maak dubbelsinnige stellings en gedigte is soms so onkonvensioneel dat dit dalk nie geskilder kan word nie.

 

‘n Tweegesprek oor eie werk tussen Joan Hambidge en Daniel Hugo vorder gemoedelik tussen die twee uiteenlopende digters. Daniel met sy tradisionele en net soms ‘n speelse versmakery teenoor die “inkennige!”  digter, soos Margot Luyt vir Joan voorstel wat egosoekend is, maar tog die stelling maak dat ‘n gedig is nie ‘n getuigskrif vir die digter nie.

Jelleke Wierenga van Montagu lees van haar werk voor en Antjie Krog lewer ‘’n skitterende praatjie oor haar ontnugtering tot poësie. Afrikaans word soos ‘n tuisnywerheid beskryf – iets wat net daar is en lekker is en later kom ‘n paar groen termes soos huidmondjies en klorofil-groen ook in die praatjie op.

 

Loftus Marais wat die Ingrid Jonker-prys vir sy debuutbundel ontvang, bring vir my ‘n foto/skildery/lied/gedig dimensie terug. Hy lees ‘n gedig oor ‘n klas-foto voor wat my onmiddellik aan Amanda Strydom se liriek oor ‘n matriekfoto laat dink en nog verder weg in Amsterdam, aan Marlene Dumas wat haar Sub A klasfoto geskilder het. Die bespreking “Met woorde en kwas” kom sit weer hier langs my.

Diana Ferrus sluit die middag af met haar passievolle gedenklesing wat handel oor die werk van Vincent Oliphant en wat baie relevant is in hierdie week waar geweld teen vroue bewus gemaak word.

 

Nie net leef ons oor die bloed wat gevloei het nie, maar ook die bloed wat ons bind.

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Wat ‘n fees …
Versindaba 2009 verbeeldingryke ontdekkingsreis →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d