Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 December 20096 April 2011

Johann Lodewyk Marais. Marthinus Versfeld (1)

In my studentedae was ek ‘n keer in Kaapstad as ‘t ware op Marthinus Versfeld se spoor. Ek het toe al Klip en klei (1968) gelees en was vasbeslote om meer uit te vind oor dié man, want ek het iewers gelees dat die skrywer Anna M. Louw hom “ons skitterendste denker” genoem het. 

By Nasboek in die Grootekerkgebou het ek nog van sy boeke in die hande gekry. Die verkoopsdame (waarskynlik die legendariese Ena Marais) het my ook vertel Versfeld se suster besoek die winkel gereeld en kan my met hom in aanraking bring.

Dit volgende dag was daar sowaar ‘n kaartjie van die suster met ‘n adres: Chapelweg 6, Rosebank. Ek het koers gekry soontoe en voor ‘n dubbelverdiepinghuis aangekom. Op die tuinhekkie was ‘n naam: “Blyde Huis”. Terwyl ek verby die groot magnolia na die voordeur gestap het, het ek my verwonder aan die voortuin waar heelwat onkruid tussen die rose en kruieplante te sien was.

Versfeld het oopgemaak. Asof hy my verwag het, het hy my na sy ruim studeerkamer links in die gang genooi. In ‘n hoek was ‘n enkelbed waarop hy voor die tyd in een van Margaret Roberts se kruieboeke lê en lees het. Hy het in ‘n leunstoel voor ‘n boekrakkie met Afrikaanse digbundels gaan sit. Ek het rondgekyk en soveel moontlik van die vertrek probeer inneem. In dié filosoof se werk speel huise en woon immers ‘n sleutelrol.

Toe hy hoor ek studeer in Pretoria het Versfeld gegrinnik: “Jy weet, toe die Voortrekkers by die Oranjerivier kom, was daar ‘n bordjie waarop geskryf is: ‘Moenie verder trek nie!’ Dié wat kon lees, het op die plek omgedraai en die res het verder getrek.” Hy het weer gelag en ook kort-kort in die gesprek so gemaak.

Een keer het Versfeld opgestaan en uit een van die rakke ‘n boek gehaal. Weer het hy op sy stoel gaan sit by die lig wat die magnolia voor die venster laat vervaag het. Hy het in die Amerikaanse priester en skrywer Robert Farrar Capon se The supper of the lamb: A culinary reflection (1967) geblaai, betekenisvol na my gekyk en gelees:

“[P]eel an orange. Do it lovingly – in perfect quarters like little boats, or in staggered exfoliations like a flat map of the round world, or in one long spiral, as my grandfather used to do. Nothing is more likely to become garbage than orange rind; but as long as anyone looks at it in delight, it stands a million triumphant miles from the trash heap.”

Ook by latere besoeke het Versfeld graag voorgelees uit een of ander boek of manuskrip waaraan hy in sy leunstoel met sy potlood aan die werk was. Byna sonder uitsondering het ons ook ‘n draai by die kruie voor en agter die huis gaan maak. Daar het ek ‘n hele klompie kruiesoorte vir die eerste keer gesien.

Versfeld het sy huis “die huis van die vier winde” genoem, want daar is graag saam gekuier en geёet. Ek kon met vrymoedigheid van my vriende aanmoedig om hom te gaan opsoek. Vir die onverwagse besoeker is daar selfs ‘n ekstra plek gedek. Vir dié wat nie beskore was om hom langs die viswaters, tydens bergklimtogte en op sy plasie in die Kouga te vergesel nie, was die besoeke aan “Blyde Huis” by dié man met sy wêreldse wysheid meer as genoeg vir ‘n leeftyd se verwondering.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Boekbekendstelling – “Halala Afrikaans”
Neil Astley. Staying Alive →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d