Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 December 20094 December 2009

Neil Astley. Staying Alive

Omslag
Omslag

Die beste manier om blootstelling aan internasionale digkuns te kry, is uiteraard deur middel van ‘n bloemlesing. Die frustrasie is egter dat die meeste bloemlesings (in Engels) meestal ‘n onbeskaamde Anglo-Saksiese voorkeur het. Naas J.D. McClatchy se “The Vintage Book of Contemporary World Poetry” (Random House) wat ek twee weke gelede bespreek het, is my gunsteling bloemlesing sekerlik Neil Astley se “Staying alive – real poems for unreal times” (Miramax Books). Die rede hiervoor is die indrukwekkende reikwydte van sy seleksie wat tematies ingedeel is en terselfdertyd heelwat internasionale digters betrek.

Neil Astley was naamlik die stigter van Bloodaxe Books, ‘n onafhanklike uitgewer wat uitsluitlik poësie in vertaling gepubliseer het.  Sy seleksie vir dié bloemlesing is dus gebaseer op 35 jaar ervaring met internasionale poësie. Volgens die voorwoord was Astley se riglyn die volgende: “Staying alive is quite unlike any other anthology. It doesn’t just give you 500 exceptional poems by many different kinds of poets from around the world; it’s a book with a particular vision of what poetry should be about – drawn from the poems themselves, not the critical reputations of the poets. It doesn’t offer representative selections of the writers included, nor does it follow the edicts of any groups of poetic factions: it cuts across them all. My aim has been to select strong lucid poems by a wide range of poets which will speak to intelligent readers everywhere.”

En hiermee kan ek nie anders as om akkoord te gaan nie; ‘n kragtoer, inderdaad. Selfs Anne Michaels (soos aangehaal op die agterplat) stem hiermee saam: “Staying Alive is a blessing of a book. The title says it all. I have long waited  for just this kind of setting down of poems. Has there ever been such a passionate anthology? These are poems that hunt you down with the solace of recognition.”

Die besonderhede van die boek is soos volg:

TITEL:                   Staying alive – Real poems for unreal times

SAMESTELLER:      Neil Astley

UITGEWER:           Miramax Books / Hyperion

ISBN:                    978 1 4013 5926 3

PRYS:                    R320.00

FORMAAT:            A5, 496 bladsye

***

Vanoggend wemel die webblad van nuwe inhoud. So het ons Antjie Krog se manjifieke pleidooi vir die poësie, My ontnugtering tot die poësie, ontvang en geplaas. Net so is die Brieweboks boordensvol terugvoer oor verlede naweek se fees. Bernard Odendaal bespreek Elisabeth Eybers se gedig “Satelliet” in sy reeks gedigbesprekings; ook het Bernard sy resensie van die Versindaba-gedenkbundel geplaas. Johann Lodewyk Marais fokus weer op Marthinus Versfeld, een van die legendariese denkers in ons kultuurgeskiedenis. (Terloops, bykans al Marthinus Versfeld se boeke is tans weer in druk beskikbaar …) Dan is daar ook vertalings deur Daniel Hugo van Dorothy Parker en Omar Khayyám se gedigte in die vertaalkamers geplaas. Goeie nuus is dat daar selfs nog méér nuwe stukke gedurende die naweek geplaas sal word. Moet dit dus nie mis nie! En, indien jy na nog foto’s van Versindaba 2009 wil kyk, kan jy gerus ‘n draai maak by die fotoblad wat by LitNet gelaai is.

Ten slotte – ek beoog om ons webmeester van volgende week af te verlok na een (of meer) plekke aan die Suid-Afrikaanse kuslyn. Vanweë onsekere (of selfs onmoontlike) internet-toegang sal Nuuswekker en ook ander plasings van volgende week af met verrassende onreëlmatigheid verskyn.

Amptelik is dit dus nou komkommertyd; so, bly op die uitkyk vir jou slaaitjie rus. Waar jy dit ook al kan kry.

Nuuswekker hervat weer wanneer die geleentheid hom voordoen.

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. Marthinus Versfeld (1)
Johann Lodewyk Marais. Marthinus Versfeld (2) →

1e kommentaar op “Neil Astley. Staying Alive”

  1. Maria says:
    4 December 2009 at 08:37

    Geniet die blaaskansie – julle verdien dit dubbel en dwars! Ek gaan die gereelde Nuuswekker mis – dis ‘n lekker anker terug in kwaliteit Afrikaans na ‘n maldag van krioelende Koreaanse kindertjies en kokaaid Engels!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d