Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 August 200911 August 2009

Boekbekendstelling – “Halala Afrikaans”

"Halala Afrikaans" (Daniel Hugo)
"Halala Afrikaans" (Daniel Hugo)

“Afrikaans is die grootste nie-rassige prestasie in ons Suiderland sover. Gesamentlik geskep deur mense van drie vastelande – Afrika, Asië en Europa. En daarom is dit nie die besit van eensydige politieke partye nie, maar behoort dit aan almal wat dit praat, skryf en liefhet. En daarom ook is my taal my beste wapen teen rassisme.” Hierdie uitspraak, wat Jan Rabie in 1992 gemaak het en as motto dien vir “Halala Afrikaans” (2009: Protea Boekhuis) vorm inderdaad die grondtoon regdeur dié besonderse boek waarvan Daniel Hugo die redakteur was. Soos dit op die voorblad gestel word: “Halala Afrikaans (is) die biografie van Afrikaans. Op ‘ n funky en vernuftige manier word die storie vertel van hoe Afrikaans ontstaan het tot by Afrikaans vandag met sy SMS-taal. Die doel van die boek is om oningeligtes oor die taal in te lig, ingeligtes te verbaas en verbyster, en om studente van die taal te boei met die kompleksiteite van die taal.” Medewerkers aan hierdie publikasie is: Daniel Hugo, Andries Bezuidenhout, Gabriël J. Botma, Annette de Wet, Danielle Heyns, Jaco Jacobs, Braam Muller, Anton F. Prinsloo en Nicol Stassen.

Vrydag, 14 Augustus, synde die herdenking van die GRA-dag én die gepaardgaande viering van Afrikaans, is dus die ideale dag om dié boek amptelik aan die publiek bekend te stel tydens ‘n funksie by Protea Boekwinkel op Stellenbosch. Dié bekendstelling, wat in samewerking met die Vriende van Afrikaans aangebied word, sal om 19:00 begin. Indien jy dit wil bywoon, moet jy asseblief jou bywoning bevestig deur (021) 882 9100 te skakel óf ‘n e-pos te stuur na ls.protea@mweb.co.za.

Dan is vandag ook Marthinus Versfeld se verjaarsdag. Hy sou naamlik vandag 100 jaar oud gewees het. Ter viering van hierdie besonderse geleentheid bied Protea Boekwinkel (Stellenbosch) ‘n spesiale boekpraatjie aan op Saterdag, 15 Augustus. Petra Müller, jarelange vriend en vertroueling van Marthinus Versfeld, sal as spreker optree, terwyl Ruth Versfeld-Bergman, dogter van die immergeliefde filosoof, namens die familie iets oor haar pa sal sê. Heel gepas is daar onlangs weer drie van Versfeld se mees geliefde publikasies in herdruk beskikbaar gestel, naamlik: “Klip en klei”, “Die neukery met die appelboom” en “Pots and poetry”.

Beslis is hierdie twee geleenthede wat jy nié wil misloop nie …

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← ‘n Ringdig vir Vrouedag!
Is minder dalk meer? →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d