Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 December 20096 April 2011

Johann Lodewyk Marais. Marthinus Versfeld (3)

Aan die Universiteit van Kaapstad was Marthinus Versfeld ‘n gewaardeerde gespreksgenoot van digters soos N.P. van Wyk Louw, W.E.G. Louw, I.D. du Plessis, Boerneef en D.J. Opperman. Hy het poёsie geskryf, maar net enkele van die gedigte is gepubliseer. In sy skryfwerk toon hy groot waardering vir die poёsie en sluit so by twintigste-eeuse filosowe soos Martin Heidegger en Jacques Derrida aan. Hopelik sal sy bydrae as gespreksgenoot vir van die belangrikste Afrikaanse skrywers nog behoorlik ondersoek word en sy bydrae tot die Afrikaanse essay die erkenning kry wat dit verdien. Ook latere skrywers soos Breyten Breytenbach, André P. Brink, Petra Müller en Marlene van Niekerk het waardering vir sy werk gehad.

Oudstudente wat oor Versfeld se invloed op hulle getuig het, sluit Adam Small, Athol Fugard en Jeremy Cronin in. Cronin het gesê: “[H]e was trying to integrate different dimensions of life, and to think intellectually about that kind of integration, which was very different from what was increasingly becoming the dominant tradition in UCT.” 

W.A. de Klerk, wat baie saam met Versfeld gaan bergklim het, het die volgende gesê: “Marthinus Versfeld is die soort mens wat gesoek word as hulle die dag nie meer daar is nie.” Mag Versfeld in hierdie huldigingsjaar, en hierna, sy regmatige plek in ons denke en samelewing kry.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. Marthinus Versfeld (2)
Andries Bezuidenhout. Die Roggeveld se eskarp →

1e kommentaar op “Johann Lodewyk Marais. Marthinus Versfeld (3)”

  1. Daniel Hugo says:
    15 December 2009 at 10:47

    Die onderstaande stuk oor Marthinus Versfeld het ek vir Boeke-Insig geskryf:

    My boekrakke staan vol digbundels, skrywersbiografieë, literatuurstudies en woordeboeke. Boeke oor die natuur is daar min. Dit is klaarblyklik die versameling van ’n studeerkamermens wat hom nie graag blootstel aan die ontberings van die buitelewe nie.

    Só ’n man van die gees het sekerlik ook filosofiese verhandelings op sy rak? Nie hierdie een nie. Toe ek universiteit toe is om teologie te gaan studeer, het my pa my ernstig gewaarsku teen die vak filosofie: “As jy nie ’n woord van ’n predikant se preek verstaan nie, moet jy weet hy het filosofie studeer op Stellenbosch.”

    Dat my pa se wantroue teenoor die filosofie deur ’n professor op Stellenbosch gedeel sou word, kon hy natuurlik nie voorsien nie. In sy Letterkundige Laboratorium het D.J. Opperman beklemtoon dat ’n digter sintuiglik en konkreet teenoor die lewe ingestel moet wees, en daarom ver moet wegbly van die abstraksies van die filosofiese denkers. “Bepaal jou by die gogga en vergeet van God,” is wat hy min of meer gesê het.

    Tot my groot vreugde het ek later in my lewe ’n filosoof ontdek wat net so boeiend skryf oor ’n liewenheersbesie as oor die Liewenheer self, wat die aardse net so hoog aanslaan as die hemelse. En hy skryf soos ’n digter. Woorde is vir hom konkreet soos blink klippies wat in die gedagtestroom teen mekaar bots en klater. Sy boeke staan almal op my boekrak. Ek praat van Marthinus Versfeld (1909-1995). Die aardsheid van sy denke blyk reeds uit titels soos Klip en klei (1968) en Die neukery met die appelboom (1985).

    Onlangs het ek egter agtergekom dat ek nie alles van Versfeld besit nie toe my broer ’n boks vol afgeskryfde biblioteekboeke by my kom aflaai en ek Die buitelewe (Buren-Uitgewers, 1970) daarin kry. Dit is ’n gids vir jongmense wat in die berge wil gaan stap. Die pragtige wit-en-swart-foto’s deur Cloete Breytenbach is van Marthinus Versfeld self saam met sy seuns teen die hange van Tafelberg.

    Benewens ongewone portretstudies van die filosoof in sy geliefde omgewing, bevat die boek wyshede en kwinkslae vervleg in ’n teks vol praktiese riglyne. Oor die noodsaak van ’n goeie mes vir enige kampeerder skryf hy: “’n Mes is wat ’n mens van ’n bobbejaan onderskei.” Hy waarsku dat alles binne-in die rugsak moet pas, daar moenie goeters buitekant hang nie: “Jy is ’n mens, nie ’n Kersboom nie.”

    By ’n foto van ’n Versfeld-seun wat wors aan ’n stok oor ’n vuurtjie braai, het ek skielik iets onthou. Ook hierdie studeerkamermens het baie jare gelede saam met sy broers in die veld kampeer.

    Dit is wat Versfeld vermag: hy lei jou terug na die prille aardsheid van jou bestaan.

    Daniel Hugo

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Maritha Broschk. tafelgebed
  • Stephan du Toit. Namib
  • Joan Hambidge. The upturn palm

Nuutste bydraes

  • Stephan du Toit. Graaff-Reinet
  • Natasha Harmse. Die weefstoel
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Sanette Scheepers. Vrykoop
  • Natasha Harmse. As ek na Desember luister

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d