Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 January 2010

‘n Opwindende Roemeense digter

 

Saviana Stanescu
Saviana Stanescu

Verlede naweek sit ek sonder veel entoesiasme en lees in my kopie van New European Poets (Graywolf Press, 2008) toe die naam van ’n Roemeense digter, Saviana Stãnescu, my oog vang. Onmiddellik intrigeer dié naam my, want ‘n naamgenoot, Nichita Stãnescu, is al vir etlike jare een van my gunsteling digters. Ek lees Saviana se verse, raak meegevoer en ek vlieg summier op, rekenaar toe, in ‘n poging om meer van haar te wete te kom.

Sy is in 1967 gebore in Bucharest tydens Ceausescu se diktatorskap en het in 2001 na die VSA geïmmigreer waar sy tans aan die NYSCA verbonde is as “playwright-in-residence”. Klaarblyklik is sy nie net as digter bekend nie, maar veral as dramaturg. Haar gedigte het al in etlike Engelse publikasies verskyn en sy is ook ‘n deelnemer aan verskeie poësiefeeste.

Wat my die meeste getref het van die verse van haar wat ek te lese kon kry, is die bykans speelse hantering van ironie. Iets wat ‘n mens nogal aan Vasko Popa herinner. Maar die impak daarvan is verpletterend, soos die vers “The infanta Augustina”, wat ek vanoggend heel onder vir jou leesplesier plaas, van getuig.

By my bestaan daar geen twyfel dat sy stewig kan staan tussen Nina Cassian en Ana Blandiana, die twee kroonjuwele van die Roemeense digkuns, nie. Lekker lees en gaan loer gerus in by haar webtuiste.

***

Ten slotte vestig ek graag jou aandag op die Blog-fokus vir Januarie. Die idee is dat elke blogger gedurende die maand ‘n blog oor dié onderwerp plaas as leesprikkel vir jou om ‘n brief oor dieselfde onderwerp in te stuur ten einde vir die prys van ‘n koopbewys ter waarde van R250 te kwalifiseer. Synde die begin van ‘n nuwe dekade het ons gedink dat jou eerste kennismaking met die digkuns ‘n goeie tema behoort te wees.

Maar – jy hoef natuurlik nie te wag vir die bloggers se skryfstukke nie; jy is welkom om solank jou brief in te stuur, want die bloggers is nog meestal met verlof en die tyd raak min! So, skryf en vertel hoe dit gebeur het dat die digkuns vir jou meer is as net ‘n terloopse belangstelling.

Mooi bly.

LE

 

The infanta Augustina

 

they took augustina to the fair

with gaily colored spikes they hung her

in the corner of a wooden booth and put

a red circle between her breasts step right up

ladies and gentlemen and try your luck

5 points if you shoot the horse 10 for the knight

15 for the castle gate and 100

that’s right one hundred points-THE GRAAAAND PRIZE

for a bullet in infanta’s chest

show your stuff champ ready the rifle steady

against your shoulder take aim fire count how many

eyes wink half-open between augustina’s

breasts BINGO that’s a hit her legs flail about

her head her arms oh mama

look at the queen jitterbug

this plush teddy bear for the little guy

in the man-size cap hey big shot you’re next come on

who wants to take a pop you get

one hundred points for the infanta

it’s not difficult to hit her all you’ve gotta do

is squeeze the trigger when

she screams nooo with women this always

means yessss

 

(c) Saviana Stãnescu (vertaling deur Adam J. Sorkin, Aura Sibisan en die digter)

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Louis Esterhuizen. Archipelago Press lui die groot klok →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d