Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 February 20104 September 2013

Andries Bezuidenhout. Nostalgies oor lost causes

Klerewerkers betoog vir die vrylating van Solly Sachs

My oupagrootjie was ʼn myner wat op die ouderdom van 30 aan myntering dood is. In my day job doen ek op die oomblik ʼn navorsingsprojek vir die National Union of Mineworkers (NUM). Ek hou daarvan om saam met hierdie vakbond te werk, omdat hulle nogal daarin kon slaag om ʼn mate van menswaardigheid te beding vir van die mees uitgebuite werkers in Suid-Afrika. Dis natuurlik nie ʼn vakbond sonder probleme nie, maar dis juis waaroor die navorsing gaan; oor of die lede tevrede is met wat die NUM vir hulle doen. Dis die derde keer dat ek só ʼn projek vir hulle doen – die vorige kere was 1998 en 2005. ʼn Mens kry deur só ʼn verhouding met die organisasie nogal ʼn in-diepte kennis van hoe dinge oor tyd verander.

Daar’s ʼn baie interessante geskiedenis van Afrikaners in vakbonde wat ons nooit op skool geleer het nie. In die 1920s tot ‘40s was Afrikanervroue nogal militante lede van die Klerewerkersunie, met Solly Sachs (oudregter Albie Sachs se pa) as die sekretaris, bygestaan deur aktiviste soos Johanna Cornelius, Anna Scheepers en Bettie du Toit. Elsabé Brink het navorsing hieroor gedoen. Ek het lank gelede ook ʼn stuk gelees oor die liedere wat hierdie werkers gesing het. Ek kan nou onthou van ʼn liriek op die wysie van “wat maak oom Kalie daar”, wat scabs (mense wat tydens ʼn staking werk) uitskel as synde te stink na “vrotte vis”. Ek hoop die persoon wat eendag die geskiedenis van Afrikaanse musiek gaan opskryf ontgin hierdie tradisie ook.

Dit laat my nou dink aan ʼn ou folk-liedjie, Which side are you on? Natalie Merchant het ʼn mooi weergawe daarvan opgeneem. Ek skat die teenstelling van “scab” en “man” sal dalk nie heeltemal op die Afrikaanse klerewerksters van ouds van toepassing wees nie, maar ʼn mens hoef nou seker nie sulke dinge deur politieke korrekte toetse te sit nie. Dis ʼn stukkie nostalgie vir lost causes…

Come all you good workers
good news to you I’ll tell
of how the good old union
has come in here to dwell

Which side are you on boys?
which side are you on?

My daddy was a miner
he’s now in the air and sun
he’ll be with you fellow workers
until the battle’s won

Which side are you on boys?
which side are you on?

They say in Harlan County
there are no neutrals there
you’ll either be a union man
or a thug for J. H. Claire

Which side are you on boys?
which side are you on?

Oh workers can you stand it?
oh tell me how you can
will you be a lousy scab
or will you be a man?

Which side are you on boys?
which side are you on?

Don’t scab for the bosses
don’t listen to their lies
poor folks ain’t got a chance
unless they organize

Which side are you on boys?
which side are you on?

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

Andries Bezuidenhout. Die skrif teen Carletonville se stop-nonsense →

6e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Nostalgies oor lost causes”

  1. Andries Bezuidenhout says:
    15 February 2010 at 13:28

    Desmond, ‘n kollega stuur hierdie studie vir my aan. Ek het nie geweet Johanna Cornelius het gedigte ook geskryf nie. Kyk aan die einde van die studie. Nie baie goeie digkuns nie, maar darem ‘n stukkie radikalisme in die Moedertaal!
    http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-08032009-182300/unrestricted/dissertation.pdf

    Reply
  2. Desmond says:
    4 February 2010 at 12:28

    Stem saam oor wat jy skryf re identiteitsverstrengeling… Ek wil meer lees oor die geskiedenis waarna jy in jou inskrywing verwys. Ek het juis die naweek oor Bettie du Toit gelees in Gevisser se Mbeki-biografie — waarby ek uiteindelik nou uitkom, na ek dit by die Exclusive Books someruitverkoping opgetel het. En wat ek erg baie geniet.

    Reply
  3. Andries Bezuidenhout says:
    4 February 2010 at 11:43

    En Lula het juis “ras” onderspeel en so die elite met hom saamgeneem. ‘n Onlangse opname van die Suid-Amerikaanse elite het gewys hulle streef na die Europese/Skandinawiese model, nie die VSA nie. Dis jammer mense in Suid-Afrika raak amper op outistiese wyse in hul identiteite verstrengel. Francis Fukuyama het mos destyds (1990s) ‘n artikel oor Suid-Afrika geskryf. “The Next South Africa”, as ek reg onthou, oor hoe kosmopolitiese Afrikaners die oorsaak is van die oorgang. Ek wonder wat hy nou sal s^e. Ek skat pogings om demokrasie na ‘n outorite^re bestel met neoliberalisme te kombineer is dodelik vir demokrasie. Kyk maar na Duitsland post-Eerste We^reldoorlog. Dis die Marshall-plan wat die ding later gedoen het, nie “structural adjustment” nie. Nee, Fukuyama was, en is steeds, heeltemal verkeerd. Demokrasie word deur ‘n sosiale vloer bestendig, nie liberale ekonomiese beleid nie. Kyk bv. hierna:
    http://www.busrep.co.za/index.php?fArticleId=5336655
    Ek probeer maar om nie die kommentaar aan die einde te lees nie. Dit voel so al asof die land uit ‘n klomp honger honde bestaan wat geluide iewers hoor en mekaar in ‘n sementbinnehof opvreet. (Dis ‘n beeld wat Albert du Plessis, my voormalige platebaas, gebruik het. Helaas, nogal raak.)
    A

    Reply
  4. Desmond Painter says:
    4 February 2010 at 10:50

    Andries, ja, ek was bietjie verbaas oor veral Jan-Jan se stuk. Hy noem Suid-Amerika, maar dan net met verwysing tot Chavez. Lula is die vanselfsprekende ander voorbeeld, soos jy tereg uitwys. Maar dan is daar ook, in Europa en so aan, die lewendige ‘social movements’, en baie ander redes om skepties te wees oor ‘n hernude ‘einde vd geskiedenis’ hipotese.

    Reply
  5. Andries Bezuidenhout says:
    4 February 2010 at 07:25

    Desmond, ek het Jan-Jan Joubert en Flip Buys se stukke oor die einde van die left in Rapport met belangstelling gelees. Beide vergeet om sistematies oor die suidelike halfrond (en spesifiek oor Suid-Amerika) na te dink. Nie noodwendig Chavez nie, maar Lula. Ek dink Brasilie” wys hoeveel geleenthede ons gemis het om ongelykheid aan te spreek.
    A

    Reply
  6. Desmond says:
    4 February 2010 at 06:38

    Onlangse Zizek-boek het die mooi titel: In defense of lost causes.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Stephan du Toit. Mona Lisa
  • Hennie Maartens. agterdog

Nuutste bydraes

  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)
  • Linette van der Merwe. Kersfees

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d