Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 April 20104 September 2013

Andries Bezuidenhout. Die skrif teen Carletonville se stop-nonsense

Ek dink nou al lank na oor Danie Marais se stuk oor “ras” en poësie. Ek herkou nog aan ʼn opinie. Ek doen op die oomblik veldwerk vir ʼn navorsingsprojek. Hierdie week het ek verskillende myne naby Johannesburg besoek. Volgende week is ek die hele week in die Oos-Kaap en dan die Vrystaat. Die rondreis help my om my kop skoon te maak. Ek ry vandag deur Carletonville saam met ʼn beampte van die National Union of Mineworkers (NUM). Hy gaan wys my waar Elijah Barayi, een van die NUM se stigterslede, se graf is. ʼn Glasplaat, wat deel van die grafsteen uitmaak, is deur vandale gebreek. Barayi is die eerste swart persoon wat in Carletonville se Helde-akker begrawe is, sê die vakbondbeampte. Hy gaan wys my waar die vakbondveteraan gewoon het. Langs die pad is daar ʼn prefab-muur (of ʼn “stop-nonsense”, soos Suid-Afrikaners ook daarna verwys). Iemand het met swart verf teen die mure geverf: “AWB” en “Kill the Kaffers”.

Ons praat oor die begrafnis van Eugene Terre’Blanche wat skaars vyftig kilometer van Carletonville af plaasvind, probeer op sy karradio hoor wat by die begrafnis aangaan. Ons gesels ook oor Julius Malema en die Britse joernalis en korrupsie in die vakbond.

Kom vanmiddag doodmoeg by die kantoor in Johannesburg aan. Lees die New York Times se berig oor Terre-Blanche se begrafnis:

“The aftermath of Terreblanche’s death has shown how far South Africa has come. White militants first vowed revenge, but later joined President Jacob Zuma in calling for calm… Earlier this week, whites and blacks faced off angrily in front of a courthouse where a teenager and another farm worker who allegedly confessed to killing Terreblanche were charged with murder. But white leaders then asked their followers to go home, and the day ended calmly… On Friday, the country’s largest trade union called a meeting to coincide with the funeral in the part of Ventersdorp where most of the town’s poor blacks live, ensuring there would be no racial confrontations… Provincial Premier Maureen Modiselle, who is black, was among the mourners Friday, her presence underlining government statements that it is in solidarity with all crime victims.”

Toe ek vanmiddag by die hostel aankom waar ons onderhoude voer met lede van die NUM, het ek ʼn groep mans uitgevra oor waar die vakbond se kantoor is. Aanvanklik het hulle my aangegluur, maar tog beduie in watter rigting ek moes gaan. “Ke a leboga,” het ek hulle in my gebrekkige Sotho bedank. Ek het my kar gesluit, wat tussen minibustaxi’s en bakkies geparkeer was, en gemik om in die rigting van die hostel te stap. “Take your car,” het een van die mans gesê.

Ek het in my kar geklim en by die hostel se hekke ingery. Later eet ek ʼn middagete bestaande uit pap, stampmielies, hoender en pampoen in die kantien. Ek dink aan Skollie, ʼn karakter in die TV reeks “Vyfster” (deur George Ballot gespeel), aan hoe hy sy lepel rondgeswaai het as hy sy tronkkos uit sy varkpan eet. Dalk is ek ook ʼn akteur, ontuis in hierdie omgewing.

Hel, vanmiddag sou ek so graag wou glo wat die joernalis van die New York Times skryf.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Nostalgies oor lost causes
Philip de Vos. Asblik-versies →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d