Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 February 201016 June 2024

Lize Viljoen. “hoe skryf ek ‘n gedig?”

Ek skryf nou al presies twee ure aan hierdie blog. Dit was al persoonlik en onpersoonlik, abstrak en pragmaties. Ek het die resep vir my gedig verklaar:

Tyd

Spasie

Aleenwees

‘n Idee, die gedagte van ‘n idee, iets wat my opgeval het en wat ek wou onthou, en gedink het iemand anders ook sou wou onthou.

Ek het die wit blaai met die wit sand van die see vergelyk, waarop ek desnoods my merk moet maak.

Ek veronderstel, ek gaan sit en skryf. Dit kom aan die einde. Ek loop en dink. Hoe meer ek loop, soos Henry Miller destyds, hoe meer dink ek.

Hoe meer ek net sit, hoe minder skryf ek. Ek het ook meer tyd om dinge uit te vee en oor te begin, soos hier.

Daarom eindig ek hierdie blog so: die see van my gedagtes spoel in my gedigte uit op die wit strand van ‘n blaai.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “Lize Viljoen. “hoe skryf ek ‘n gedig?””

  1. Lize Viljoen says:
    18 February 2010 at 09:46

    Dankie Ivan vir jou pragtige kommentaar en verwysing na die gedig van D.J. Opperman. Dit is ‘n groot kompliment om te verneem my blog resoneer met die werk van een van die groot kanonne in Afrikaans. Dankie ook vir die aanhaal van die gedig. Ek ken dit nie, maar was bly om dit vandag te kon lees.
    Versbloggroete
    Lize

    Reply
  2. Ivan Mocke says:
    18 February 2010 at 03:37

    Welkom, Lize. Op ‘n manier laat jou inskrywing my dink aan DJ Opperman se beroemde gedig “Oud-digter” … Ken jy dit?

    Die panne is nie opgedroog. Die spoor
    van die grootwild het ek ‘n rukkie net verloor
    en leef intussen van die enkel reël
    wat springend ritsel om die oog en oor.

    Daar bly die bose vuurtjie wat ek mos kan stook
    en vlae reën lok as die gifpot kook.
    Maar uit die pot spring net ‘n dwarrelwind
    en daagliks word ek doller van wildedagga rook.

    Doller … dan sterker as die jongeres gespier,
    sien ek wat hulle nie kan sien: die koel rivier,
    die gemsbok en reënvoël … opgeefselend
    oor my Kalahari’s wit papier.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d