Tussen die gedreun van rolperse,
die geflits van televisiekameras,
die gesis van lemme deur ʼn man op sy bed,
die geswets van ʼn sanger in ʼn kroeg,
die gekraak van bene in ʼn motorwrak,
die requiem van ʼn uhuru-haantjie in Zimbabwe
en gille in ʼn tent in die Klein Karoo
het klokke iewers gelui –
iewers, waar niemand dit kon hoor nie.