Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 April 20106 September 2013

Desmond Painter. Teen die sotheid: Anti-Digter van die Week

Steve Hofmeyr

Ek wil begin om elke Vrydag ‘n ‘Anti-digter van die Week’ te benoem. Die benoeming sal gaan aan iemand wat die afgelope week verbeeldingloos en destruktief met die taal (enige taal) omgegaan het, op so ‘n manier dat sy of haar woorde die wêreld kleiner, meer geslote, en ‘n bietjie meer gemeen gemaak het. Julius Malema is ‘n aanspraakmaker op ‘Anti-Digter van die Week’ elke keer as hy sy mond oopmaak. Die Afrikaanse vermaaklikheidspersoonlikheid (‘sanger’?) Dozi is hierdie week ook ‘n sterk aanspraakmaker, met sy rassistiese uitbarsting in Oudtshoorn.

Maar Anti-Digter van die Week is myns insiens ‘n man wat nie die verskoning het van ‘maar ek is ‘n politikus’ of ‘maar ek was dronk’ nie: Steve Hofmeyr. Dit is altyd vir my ironies dat Hofmeyr so uitvaar teen Julius Malema, want hulle is kraaie wat eenders krys. Vergelyk maar: Hulle opportunistiese uitbuit van politieke sentimente; hulle opdringerige, dikwels selfdienende mediateenwoordigheid; hulle selfregverdigende, onboetvaardige houding teenoor opponente; en hulle vervelige ‘tough guy’ houding. Ag, daar is so baie van hierdie manne in Suid-Afrika, dit is ‘n epidemie. Hulle laat my dink aan Nick Cave se woorde (uit ‘Darker with the Day’):

Amateurs, dilettantes, hacks, cowboys, clones
The streets groan with little Caesars, Napoleons and cunts
With their building blocks and their tiny plastic phones
Counting on their fingers, with crumbs down their fronts

Maar waarom vir Steve Hofmeyr benoem as ‘Anti-Digter van die Week’? Hy verdien dit myns insiens vir sy kommentare (soos gerapporteer in Die Burger) hierdie week oor Dozi en oor die dood van Eugene Terre Blanche. Dit is moeilik om te besluit watter van die volgende twee stellings die domste is: ‘Miskien was Dozi reg’, of [oor sy toespraak vandag by Terre Blanche se begrafnis]: ‘Ek wil in ‘n land woon waar mense baklei’. 

Die digterlike woord is nie altyd sag en koesterend nie; dit kan ook uitdagend, gewelddadig en selfs afbrekend wees. Ek dink egter nie die digterlike woord het ten doel om (soos ek in die eerste paragraaf geskryf het) die wêreld doelbewus meer geslote en gemeen te maak, om ons ervarings en persepsies in te perk en te verhard nie. Bruce Springsteen sing: ‘Well, sir, I guess there’s just a meanness in this world.’ Die digterlike woord maak myns insiens van hierdie ‘meanness’ ‘n teiken. Of soos Czeslaw Milosz (in ‘Ars Poetica?’) skryf:

And yet the world is different from what it seems to be
and we are other than how we see ourselves in our ravings.
People therefore preserve silent integrity
thus earning the respect of their relatives and neighbors.

The purpose of poetry is to remind us
how difficult it is to remain just one person,
for our house is open, there are no keys in the doors,
and invisible guests come in and out at will.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Van Coke bo die grond roep na Koos onder die grond…
Desmond Painter. Ter wille van ‘n Maandagoggend →

1e kommentaar op “Desmond Painter. Teen die sotheid: Anti-Digter van die Week”

  1. Pan Cogito says:
    9 April 2010 at 08:31

    En natuurlik gaan onse Steve weer die media vol baljaar noudat hy ‘n roman, “Vier briewe vir Jan Ellis” op die rakke het. (Ek wonder mos so half in my mou of Louis-hulle hom as gasspreker in die boekwinkel gaan kry …)
    Goeie idee van jou hierdie, Desmond. Anti-digter van die week. Lekker!
    Gee hom gas, my bra. 🙂

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d