Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 April 20106 September 2013

Desmond Painter. Johnny Clegg en Totius

So elke nou en dan kom die SABC vorendag met briljante televisie. Gisteraand was dit weer so: die eerste episode van die reeds ‘A Country Imagined’, aangebied deur Johnny Clegg, het my vasgenael voor die kassie gehou. In hierdie reeks deurkruis Clegg die land op soek na kunstenaars wat op verskillende maniere op die Suid-Afrikaanse landskap reageer. Die eerste episode was propvol: onderhoude met (onder andere!) Hugh Masekela en David Goldblatt; beeldmateriaal oor James Philips en William Kentridge; en selfs ‘n besoek aan Totius se huis — waartydens Clegg een van Totius se gedigte in meer as bloot gangbare Afrikaans voorgedra het. Ek weet nie hoeveel episodes daar gaan wees nie, maar ek sal die kassie beslis van nou af Sondagaande met belangstelling dophou.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

7e gedagtes oor “Desmond Painter. Johnny Clegg en Totius”

  1. Desmond says:
    28 April 2010 at 08:18

    Ek was mal oor The Exploded View ook. 6 jaar by Rhodes Universiteit het my goed voorberei vir Stellenbosch: ek weet presies watter grammatikale aspekte van Engels ek nooit sal kan bemeester nie, so ek kry dit gewoonlik reg om hulle te vermy…

    Reply
  2. Andries Bezuidenhout says:
    28 April 2010 at 08:06

    Whahahahaaaaa! My Engels is beslis ook nie goed genoeg vir Wits nie. Jy moet sien hoe die spiertjies in die wange spring as ek die split infinitive gebruik. Vladislavic se “Afritude Sauce” in The Exploded View gebruik ek as kruk as ek weens ‘n gebrek aan Sotho of Xhosa watertrap in een of ander vakbondkantoor op ‘n myndorp. Nou die dag in Carletonville juis ‘n rojale Afritude Sauce-dag gehad.

    Reply
  3. Desmond says:
    28 April 2010 at 07:44

    Daar is ook uit Ivan Vladislavic aangehaal, ‘n skrywer wat my amper oortuig het ek behoort Johannesburg toe te trek!!! Sy Portrait with keys… oi, wat ‘n boek. Clegg het self ook in die eerste episode in ‘n mynskag afgegaan, en toe baie treffende kunswerke deur veral swart SA kunstenaars uit die apartheidsera gewys, met die myn en mynwese as tema. Ek sou nou summier vir jou werk by die US aangebied het, maar ek weet nie of jou Engels goed genoeg is nie. 😉

    Reply
  4. Andries Bezuidenhout says:
    28 April 2010 at 07:31

    Desmond, dit klink ongelooflik. Kentridge oor Johannesburg as landskap is nogal kostelik. Vlgs hom is die stad hier weens geologiese redes (goud onder die grond), nie geografiese redes nie (riviere, berge). Johannesburg gaan dus oor wat ONDER die grond/landskap gebeur. Maar dalk is myntonnels ook landskappe. Stad van die underground. Ek moet hier wegkom! Aan die ander kant: “Die w^reld is maar orals halfpad hol,” om Koos Doep aan te haal.

    Reply
  5. Desmond says:
    28 April 2010 at 07:22

    Wat ek van hou, is dat ‘landskap’ breed geinterpreteer word: nie net berge en dale nie, maar ook stasies en strate.

    Reply
  6. Desmond says:
    28 April 2010 at 07:20

    Ek is oortuig die hele reeks sal op dvd uitkom. Dit is deur dieselfde mense gemaak wat ander dokkies, soos Tobias’ Bodies, gemaak het. Ek sal self ook verkies om die hele reeks op dvd te kry, sodat ek dit rustig en sonder belaglike SWC2010 advertensiebreke kan kyk!

    Reply
  7. Andries Bezuidenhout says:
    28 April 2010 at 07:16

    Hopelik kom dit op DVD uit. Anders sal ek ‘n TV moet aanskaf.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d