Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 April 2010

Bibi Slippers. Voëls in die skemering

Blogfokus

 

Voëls in die skemering 

 

 

Voëlgeklepper in die skemer

oor buigende riet,

en soos vlae wit sneeu

uit die ruimte, die hemel,

daal hulle neer,

daal soos ‘n droom.

 

En die dag doem aan oor bulte,

verrysend uit rooi

van sterwende lig,

en die wind ween sag

in die riet,

ween sy slaperige lied

van die sterwende dag

en die nag.

 

En skemerig-wit

in die duister

sit die voëls soos bannelinge

eensaam

na die weegeroep

van die wind en luister.

 

 

– CM van der Heever

 

‘n Inleiding tot voëlvang (want geen voël sit met ‘n bek vol tande nie) 

 

 

Sluip tydens skemer

tot tussen die riet

neem ‘n wit teepot

en ‘n toebroodjie

want jy sal dalk

moet wag.

 

Eers moet jy die wind verkul:

lok hom met ‘n suurlemoen en ‘n suikerklont

tot binne-in jou teepot

druk jou vinger vinnig in die tuit

en sit die deksel op

praat sag met jou gevangene

vra hom mooi om sy geneul te stop

en wag.

 

Wanneer hulle kom moet jy die wind deur die tuit opsuig

en dadelik begin sing

hulle sal soos vlokkies op jou neersak

en hartseer luister.

Gryp hulle, gou!

dis amper nag

 

 

– Bibi Slippers

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

1e kommentaar op “Bibi Slippers. Voëls in die skemering”

  1. droopy mccool says:
    30 April 2010 at 14:21

    Jou unieke aanslag sorg vir `n wonderlik speelse en dromerige gedig.Goeie klankspel ook.Die spreker in C.M. se gedig neem net waar.Die spreker in joune neem self deel aan die gedig en gee direk opdrag aan die leser om mee te doen.Die leser word self die digter.Coool!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Resensie: Vlindervreter ( Melanie Grobler en Christiaan Diedericks)

Nuutste bydraes

  • 100 Duitse Bestes: Jakob van Hoddis (1887-1942)
  • 100 Duitse Bestes: Georg Heym (1887-1912)
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Agterstevoorom
  • Joan Hambidge. Bertolt Brecht in Afrikaans

Nuutste kommentaar

  1. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)15 July 2025

    Gerard, die vertaling van die gedigte was 'n herkennismaking soos min.

  2. Gerard Scharn on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)13 July 2025

    Geweldig dichter, Benn. Toen ik hem leerde kennen werd ik door het lezen van zijn gedichten zelf ook dichter.

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  4. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

  5. Eugene Vorster on RIV Christiaan Diedericks7 July 2025

    “Live your Truth” vir Chris skielik is dit stil/ byna subliem/ (jy sal verstaan)/ net nou en dan ‘n nat…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d