Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 April 2010

Bibi Slippers. Voëls in die skemering

Blogfokus

 

Voëls in die skemering 

 

 

Voëlgeklepper in die skemer

oor buigende riet,

en soos vlae wit sneeu

uit die ruimte, die hemel,

daal hulle neer,

daal soos ‘n droom.

 

En die dag doem aan oor bulte,

verrysend uit rooi

van sterwende lig,

en die wind ween sag

in die riet,

ween sy slaperige lied

van die sterwende dag

en die nag.

 

En skemerig-wit

in die duister

sit die voëls soos bannelinge

eensaam

na die weegeroep

van die wind en luister.

 

 

– CM van der Heever

 

‘n Inleiding tot voëlvang (want geen voël sit met ‘n bek vol tande nie) 

 

 

Sluip tydens skemer

tot tussen die riet

neem ‘n wit teepot

en ‘n toebroodjie

want jy sal dalk

moet wag.

 

Eers moet jy die wind verkul:

lok hom met ‘n suurlemoen en ‘n suikerklont

tot binne-in jou teepot

druk jou vinger vinnig in die tuit

en sit die deksel op

praat sag met jou gevangene

vra hom mooi om sy geneul te stop

en wag.

 

Wanneer hulle kom moet jy die wind deur die tuit opsuig

en dadelik begin sing

hulle sal soos vlokkies op jou neersak

en hartseer luister.

Gryp hulle, gou!

dis amper nag

 

 

– Bibi Slippers

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Bibi Slippers. Voëls in die skemering”

  1. droopy mccool says:
    30 April 2010 at 14:21

    Jou unieke aanslag sorg vir `n wonderlik speelse en dromerige gedig.Goeie klankspel ook.Die spreker in C.M. se gedig neem net waar.Die spreker in joune neem self deel aan die gedig en gee direk opdrag aan die leser om mee te doen.Die leser word self die digter.Coool!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Gedigkompetisie: Praat ’n slag (weer) met N.P. van Wyk Louw en/of sy grootwordwêreld!
  • Meyer van Rensburg. Werkwese
  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel

Nuutste kommentaar

  1. Hester Steenkamp on Digtersprofiel: Melt Myburgh3 August 2026

    Oewerbestaan is een van my kosbaarste besittings. Die bundel lê my baie na aan die hart.

  2. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  3. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  4. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  5. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d