Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 May 201010 July 2024

Niel van Deventer. As ‘n goeie song ‘n slegte een uit jou kop uit skouer…

Ek gaan dit nou maar erken. Ek weet nie baie van die reëls van poësie af nie. Ek is nie seker wat is enjambement nie, en ek was verbaas toe daar van my werk in Nuwe Stemme 4 opgeneem is. Ek weet ook nie regtig wie Johann de Lange is nie.  Hy het verlede week baie cool comments op my blog gemaak (of altans ek dink dit was hy) en ek dink ek het eenkeer van hom gelees in ‘n gedig van Loftus Marais. Nietemin was dit steeds vir my hartseer toe ek verneem van sy onttrekking aan Versindaba.

Die rede hoekom ek so half hartseer was, is omdat ek die lyn van vryheid van spraak self nie altyd heeltemal duidelik voor my sien nie. So twee weke gelede het ek op my Facebookstatus so ‘n bietjie gal gebraak oor ‘n nuwe ‘musiekster’ op die Afrikaanse musiekhorison, en byvoorbeeld sy tipe musiek met Julius Malema se politieke uitsprake vergelyk. Ek het ook gesê ek dink dat in ‘n eties-korrekte samelewing Andries Bezuidenhout ryker en meer bekend sou wees as diè betrokke ‘kunstenaar’. Dit het natuurlik hewige reaksie ontlok, ten spyte van die feit dat ek net tien minute later my status verander het, en gesê het dat ek ‘n vreemde respek vir Jimmy Abbott het.

Een ou het hom so bloedig vir my eerste status vererg dat hy vir my ‘n lang preek afgesteek het en my toe summier verwyder het as vriend op Facebook. Hy het egter net mooi niks gesê oor my positiewe tweede status nie.

Ek het aanvanklik in die gesig gevat gevoel, want ek het seker net soveel die reg om te sê ek hou nie van hierdie ou nie,as wat hy die reg het om sy grootste ondersteuner te wees.

Soos ek egter in my vorige blog genoem het, laat ek nie meer toe dat klein goedjies en kleiner mensies my ontstel nie.

 

Jack Savoretti
Jack Savoretti

‘n Vriend het eergisteraand vir my ‘n cd van Jack Savoretti gespeel en dit is sedertdien al waarna ek  luister. In sy een song genaamd Dr. Frankenstein sing hy byvoorbeeld die volgende:

 

“Cause it’s not where you go when you die
it’s how you live when you’re alive
who you touch and how you feel it.
It’s not about the time that you have
its how you cry and how you laugh
who you love and how you mean it.
And do you mean it?”…

Dit is seker maar so dat iemand al alles gesê het wat ek nog wil sê, en dit is ook reg met my. Solank ek net aanhou om dinge soos hierdie te ontdek, kan ek gemaklik voortgaan in die wete dat ek darem nie (ten spyte van my ergste uitsprake)heeltemal van die wêreld ‘n slegter plek maak nie.

My vriend Stefan Burger, wie se fotos ek op die omslag van my nuwe cd gebruik, het gister vir my ‘n link gestuur van nog van sy fotos wat ek moontlik kan gebruik, my reaksie hierop was: “Stefan, ek wil jou graag nou al book om eendag (afhangende van watter een eerste kom) die fotos op my troue of my begrafnis te neem… Either way sal daar ‘n open bar wees vir jou vir jou moeite!”

Dis die realiteit, so waarom stem ons nie net ooreen om ooreen te stem om nie ooreen te stem oor alles waaroor ons nie ooreen stem nie?

Met liefde en ‘n tikkie meer verdraagsaamheid natuurlik.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “Niel van Deventer. As ‘n goeie song ‘n slegte een uit jou kop uit skouer…”

  1. Desmond says:
    11 May 2010 at 12:40

    Niel, sommige van hierdie kommersi”ele Afrikaanse “musieksterre” is so swak, niks wat mens oor hulle kwytraak tel eintlik regtig as haatspraak nie. Dis goed en reg om die publiek te waarsku! 🙂

    Reply
  2. Bibi Slippers says:
    11 May 2010 at 11:49

    Ag amen!
    🙂
    Die aanhaling is lieflik…
    Dankie hiervoor.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d