Lize Viljoen. Gedigte is in my bloed.

Soms wanneer ek by ‘n stopstraat stop, of op ‘n onmoontlike plek is, dan kom ‘n gedig by my op, volledig gevorm. Dan rol die woorde deur my gedagtes en uit in die niet, sonder dat enigiets dit kan stuit van die vergetelheid.

Vandag weer, op my scooter, waar ek gewag het vir die robot om van kleur te verander, toe val dit my by. Helaas, dink ek toe, die een is ook gedoem.

Alhoewel, anders as gewoonlik het ek toe ‘n papier en pen byderhand en stap toe terug op my woordroete terug na die begin van die gedig en ek skryf dit toe neer:

Die mite van die kosyn

Vir ‘n oomblik sien ek jou,

vars aangekom in jou werksklere,

voor die gedaangeit jou vat;

jy kom die trappe op

en staan in die deur;

lyk weer jonk en arrogant,

dan stap jy een tree vorentoe

en word weer ‘n rolmodel,

klaarblyklik oud en stukkend geleef.

 

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Lize Viljoen. Gedigte is in my bloed.”

  1. Bibi :

    Lize

    Wat jy in die eerste paragraaf beskryf voel ek is een van die groot tragedies van my eie lewe. Ek dink mens verhef ook die vergetele verse tot iets wat hulle moontlik nooit sou wees nie, omdat hulle nooit voor jou inner-critic blootgele^ word op papier nie – maar vir my voel dit ook of my beste werk e^rens tussen teerpaaie en die gat in die osoon-laag ronddobber.

    Ek sluit vir jou drie aanhalings in wat ek dink daarby aansluit, op ‘n manier:

    Hiedie eerste twee is uit “The writing Notebooks of Helen Cixous” vertaal deur Susan Sellers.

    “Here’s the book. Here’s the book that i will not write. This is where it begins. Here is the book that i will never write, i thought.”

    en

    “I keep scores of little bits of paper, for i note at top speed what presents itself all the time, in a cafe, at minigolf, while walking along the street, i have small notebooks in my pockets, i scribble on a paper napkin.”

    en laaste, iets wat ek gisteraand raakgelees het in die versamelde werke van Emily Dickinson.

    XLVI

    A thought went up my mind to-day
    That I have had before,
    But did not finish, – some way back,
    I could not fix the year,

    Nor where it went, nor why it came
    The second time to me,
    Nor definitely what it was,
    Have I the art to say.

    But somewhere in my soul I know
    I’ve met the thing before;
    It just reminded me – ’twas all –
    And came my way no more.

    Kom ons hoop van die goeie ged(i)(a)gtes kom ‘n tweede maak terug, en dat jy dan gereed is met ‘n “small notebook” of ‘n servet!

    Tata
    Bibi

  2. Lewies Botha :

    My eie siening is soos volg; Ek oes nie klein stukkies papier of woorde en skribbel dit orals op nie of wroeg oor die dinge wat so lukraak by my opkom nie. Ek wroeg nie oor die verlore gaan daarvan asof ‘n groot vers nou in die niet is nie. Alles is nog binne jou dit maal en vorm binne jou onderbewuste dit skep drome dit vind ander aanknopings punte. Dit kom altyd weer uit , wanneer ek op-gat-voor-rekenaar-sit en werk kom gesels daardie stukkies met my. Dalk eendag baie later maar nie nooit nie.

    Lewies

    Onlangs is ek op pad winkel toe om kompos te koop die trippie word toe n hele gedig;

    Dronkverdriet is goed vir goeters dig.

    Op pad om kompos te koop by die ko-op
    vir my organies korrekte tuin
    word ek verlei deur ‘n oulike lorelei
    in haar winkeltjie vol allerlei,
    koppiekoekies in al die kleure
    van versierde babakamers.
    Ek wik eers maar swig toe in by die bar vir ‘n bier
    en word bedien as net nog ‘n oom
    deur ‘n lolita meisietjie met puisietjies
    en ‘n mixit piepende foon.
    So sit ek alleen langs my boksie koppiekoekies
    strawberry delight and death by chocolate
    pool balle klap voor elke drop in ‘n gat.
    “Wat rym met bottel bier?”
    Skemermiddag dra die band hul musiek
    saam met die swart leer nag in,
    band groupies maak groepies grappies
    “Ek lek jou naeltjie soos ‘n tong verdwaal in ‘n shooter glasie”
    Ek wonder hoekom is vandag se bands so angry
    ons was destyds so beteueld, folkerig ?
    Dis later malend headbang moerig
    en vind ek helder al die ryme
    wat my laasnag so glibberig ontwyk het.

  •