Alfred Schnittke en Sofia Gubaidulina is twee van die belangrikste Russiese komponiste van onlangse tye — oftewel, sedert die dood van Dmitri Sjostakovitsj in 1976.
Ek het Schnittke (1934-1998) ‘n jaar of wat gelede die eerste keer ontdek, en sedertdien is ek ‘n groot aanhanger van sy werk. Sy concerto vir altviool, sy klavierkwintet en sy eerste klaviersonate tel onder die mees opwindende musiek waaraan ek onlangs blootgestel is.

Meer onlangs (en tot my vreugde) het ek Gubaidulina (1931-) ook ontdek. Haar werk verras telkens met vreemde instrumente — en met vreemde kombinasies van instrumente. Daar is ook deurgans ‘n religieuse en mistiese kwaliteit in haar werk, iets wat haar, ten spyte van die soms radikale andersheid van haar klankwêreld, tog intiem verbind aan J.S. Bach. Haar Offertorium: Concerto vir Viool en Orkes, uit 1980, is byvoorbeeld gebaseer op ‘n tema uit Bach se bekende “Musikale Offergawe”.
Vanoggend — en dit is waarom ek oor haar skryf — luister ek egter na een van haar werke wat ingegee is deur ‘n meer direkte digterlike inspirasie: Hommage à T.S. Eliot, vir oktet en sopraan (1987). Die grootste deel van hierdie komposisie bestaan uit Gubaidulina se musikale “interpretasie” van Eliot se grootse siklus, Four Quartets; maar in drie van die sewe dele sing die sopraan wel toonsettings van kort gedeeltes uit “Burnt Norton”, “East Coker” en “Little Gidding”. Dit is ‘n aangrypende werk. Hier volg die gedeeltes uit Eliot wat gesing word:
Time and the bell have buried the day,
The black cloud carries the sun away.
Will the sunflower turn to us, will the clematis
Stray down, bend to us; tendril and spray
Clutch and cling?
Chill
Fingers of yew be curled
Down on us? After the kingfisher’s wing
Has answered light to light, and is silent, the light is still.
At the still point of the turning world.
(“Burnt Norton”, IV)
The chill ascends from feet to knees,
The fever sings in mental wires.
If to be warmed, then I must freeze
And quake in rigid purgatorial fires
Of which the flame is roses, and the smoke is briars.
The dripping blood our only drink,
The bloody flesh our only food:
In spite of which we like to think
That we are sound, substantial flesh and blood —
Again, in spite of that, we call this Friday good.
(“East Coker”, IV)
Sin is behovely, but
All shall be well…
And all shall be well and
All manner of things shall be well
When the tongues of flames are in-folded
Into the crowned knot of fire
And the fire and the rose are one.
(“Little Gidding”, III & V)