Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 May 20106 September 2013

Desmond Painter. Gubaidulina, Bach, Eliot

Alfred Schnittke en Sofia Gubaidulina is twee van die belangrikste Russiese komponiste van onlangse tye — oftewel, sedert die dood van Dmitri Sjostakovitsj in 1976.

Ek het Schnittke (1934-1998) ‘n jaar of wat gelede die eerste keer ontdek, en sedertdien is ek ‘n groot aanhanger van sy werk. Sy concerto vir altviool, sy klavierkwintet en sy eerste klaviersonate tel onder die mees opwindende musiek waaraan ek onlangs blootgestel is.

Sofia Gubaidulina
Sofia Gubaidulina

Meer onlangs (en tot my vreugde) het ek Gubaidulina (1931-) ook ontdek. Haar werk verras telkens met vreemde instrumente — en met vreemde kombinasies van instrumente. Daar is ook deurgans ‘n religieuse en mistiese kwaliteit in haar werk, iets wat haar, ten spyte van die soms radikale andersheid van haar klankwêreld, tog intiem verbind aan J.S. Bach. Haar Offertorium: Concerto vir Viool en Orkes, uit 1980, is byvoorbeeld gebaseer op ‘n tema uit Bach se bekende “Musikale Offergawe”.

Vanoggend — en dit is waarom ek oor haar skryf — luister ek egter na een van haar werke wat ingegee is deur ‘n meer direkte digterlike inspirasie: Hommage à T.S. Eliot, vir oktet en sopraan (1987). Die grootste deel van hierdie komposisie bestaan uit Gubaidulina se musikale “interpretasie” van Eliot se grootse siklus, Four Quartets; maar in drie van die sewe dele sing die sopraan wel toonsettings van kort gedeeltes uit “Burnt Norton”, “East Coker” en “Little Gidding”. Dit is ‘n aangrypende werk. Hier volg die gedeeltes uit Eliot wat gesing word:

 

Time and the bell have buried the day,

The black cloud carries the sun away.

Will the sunflower turn to us, will the clematis

Stray down, bend to us; tendril and spray

Clutch and cling?

 

Chill

Fingers of yew be curled

Down on us? After the kingfisher’s wing

Has answered light to light, and is silent, the light is still.

At the still point of the turning world.

(“Burnt Norton”, IV)

 

The chill ascends from feet to knees,

The fever sings in mental wires.

If to be warmed, then I must freeze

And quake in rigid purgatorial fires

Of which the flame is roses, and the smoke is briars.

The dripping blood our only drink,

The bloody flesh our only food:

In spite of which we like to think

That we are sound, substantial flesh and blood —

Again, in spite of that, we call this Friday good.

(“East Coker”, IV)

 

Sin is behovely, but

All shall be well…

 

And all shall be well and

All manner of things shall be well

When the tongues of flames are in-folded

Into the crowned knot of fire

And the fire and the rose are one.

(“Little Gidding”, III & V)

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Desmond Painter. Amos Oz oor musiek, poësie en skryf
Desmond Painter. Vier koppies koffie in die vreemde →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d