Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 August 20106 September 2013

Desmond Painter. Vier koppies koffie in die vreemde

Dinge gaan op die oomblik maar stadig hier op my blog. Die rede: ek was nogal lanklaas vir ‘n volle week op kantoor. Augustus is afgeskop met drie dae in Durban. Daarna was ek vir twee dae betrokke by ‘n kongres in Stellenbosch; en die afgelope vier dae weer was ek in Pretoria om ‘n werkswinkel aan te bied by UNISA.

Dis ook nog nie die einde nie. Komende Maandag en Dinsdag is daar ‘n simposium oor ‘Theory in the South’ in Stellenbosch wat ek gelukkig genoeg is om te kan bywoon (Achille Mbembe is een van die genooide sprekers; ek het sy On the postcolony ‘n paar jaar gelede gekoop maar nog nooit die hele ding gelees nie), en volgende Vrydagaand vlieg ek Engeland toe om ‘n kongres in Southampton by te woon. Hopelik kan ek na al die opwinding (want dis lekker!) my gewone, lui akademiese roetine hervat en weer meer gereeld hier skryf. 

Verlede Maandagoggend sit ek in die Newscafe in Centurion en werk op my skootrekenaar. Toe ek moeg word van die manuskrip wat ek vir ‘n akademiese tydskrif moes beoordeel (‘n verslag wat natuurlik al weke laat was!) het ek deur die foto’s op my hardeskyf begin blaai. Ek besef toe dat ek ‘n gewoonte het om, wanneer ek reis, koppies koffie af te neem… Hierdie foto (hou vas: hier volg nou ‘n onsubtiele afwys van die voorregte en vergrype van ‘n tipiese akademiese toeris!) het ek in 2005 in Buenos Aires geneem:

Koffie in Buenos Aires
Koffie in Buenos Aires

Ek is mal oor sulke donker, houterige koffiewinkels. Hierdie een was in die woonbuurt Recoleta. Jy sal ook my vliegkaartjie sien en die pen waarmee ek verstommende gedigte mee wou skryf. Dit het natuurlik nie so gebeur nie, maar ek het nogtans in die drie dae wat ek daar was genoeg van Buenos Aires gesien om te besluit dat dit ‘n stad is waarnatoe ek wil terugkeer — volgende keer saam met Claire.

Die volgende koffie is iewers in Amsterdam gedrink — die foto is in 2007 geneem, maar ek kan nie mooi onthou waar dit is nie:

Koffie in Amsterdam
Koffie in Amsterdam

Ai, ek het daardie broodjie met kaas op impuls gekoop, en watter goeie idee was dit nie! Ek het seker vir ‘n uur of meer daar gesit en gekyk na die besige straat. Later daardie selfde jaar is ek Pole toe, en het ek hierdie koppie koffie, en verskriklik lekker koek, in die bergdorpie Zakopane genuttig:

Koffie in Zakopane
Koffie in Zakopane

Zakopane is in die suide, baie naby aan die grens tussen Pole en Slowakye. Ek het die foto vroeg in September geneem. Daar was al sneeu op die Tatrasberge en die lug was vars en skerp soos op sonnige wintersoggende in Stellenbosch. Ek het lang ente in die heuwels gaan stap, baie koffies gedrink, en toe verveeld geraak en teruggekeer na die wonderlike stad Kraków — of hoe ‘n mens dit ook al in Afrikaans sou spel. Daar het ek so amper-amper ‘n ‘regular’ geword by ‘n plekkie wat ek steeds beskou as een van die lekkerste koffiewinkels waarin ek al ooit was. ‘n Warm, gesellige ruimte voel hoekies en rusbanke, ‘n plek waar mens kan gesels en lees en wegkruip vir ‘n paar uur. Hier is een van die baie koffies wat ek daar gedrink het:

Koffie in Kraków
Koffie in Kraków

Daar is nog heelwat sulke foto’s op my hardeskyf, maar vier koppies koffie is seker darem genoeg vir ‘n enkele kuier! Dit is die soort reisfoto’s wat mens neem maar nie vir vriende en familie wys nie — wie sal nou belangstel om ‘close-ups’ van jou koppies koffie te sien?! En tog is dit hierdie soort foto’s, eerder as die van monumente en ander ‘tourist sites’, wat my hart die meeste raak, wanneer ek in later jare weer na hulle kyk. Soos T.S. Eliot geskryf het: ‘I have measured out my life with coffee spoons.’

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Desmond Painter. Gubaidulina, Bach, Eliot
Annemarié van Niekerk. Zo is het genoeg. Wisława Szymborska →

4e gedagtes oor “Desmond Painter. Vier koppies koffie in die vreemde”

  1. Desmond says:
    20 August 2010 at 13:33

    Ons het een van daai belaglike helder dae in Stell, dis asof jy heeltyd deur een of ander lens kyk wat alles in super fokus en skerper afge-ets laat lyk. Dis pragtig en ek moes eenvoudig ‘n entjie gaan stap, maar dit kan net een ding beteken: more reen dit seker weer en wens ek TOG ek was eerder in die Noorde!

    Reply
  2. Andries Bezuidenhout says:
    20 August 2010 at 13:30

    Ja, wel, ek kyk vir die Voortrekkermonument, wat nie vandag so uitbundig lyk nie.

    Reply
  3. Desmond says:
    20 August 2010 at 11:45

    Jong, ek sit nou by my venster en uitkyk na die Ou Hoofgebou, en na ‘n uitbundige akkerboom wat voortydig uitgedos is vir die somer, en ek wonder of ek nie oorhaastig was toe ek Maandag so opgewonde oor julle kampus geraak het nie… Ek is seker Achille sal dit geniet om hier knus in die Boland baie ver van die Necropolitics van die Noorde te woon! 🙂 Terloops, ek wou e-pos en dankie s^e vir die begeleide toer en die Coke Lite, maar ek kon julle foto’s maar nie julle e-posaddresse op die UP webblad kry nie. Of ek is dom, of jy moet onmiddellik op iemand gil!

    Reply
  4. Andries Bezuidenhout says:
    20 August 2010 at 11:32

    “One more cup of coffee before I go… to the valley below…” Desmond, noem tog aan Achille dat hy die verkeerde besluit geneem het en dat die kampus in Pretoria veel mooier is as die een op Stellenbosch. Dis ook natuurlik nader aan Johannesburg. 🙂

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Johann Lodewyk Marais. Labirint
  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d